Aussie-aanbieders vaar uit teen Djokovic

Tennis
’n Video van twee Australiese televisieaanbieders wat met ’n gevloek en ’n geskel teenoor Novak Djokovic uitvaar, het op sosiale media uitgelek.

Die Channel 7-aanbieders het van die lug af ’n gesprek gevoer, maar die kameras was steeds aan die rol.

Hulle het hul afkeur en teleurstelling in kru taal uitgespreek en die wêreld se voorste tennisspeler daarvan beskuldig dat hy jok om sy sin te kry.

“Hoe ook al jy daarna kyk, Novak Djokovic lieg, hy is ’n agterbakse ***,” sê die een verslaggewer.

“Hy is ’n ***,” reageer die ander.“Dis betreurenswaardig dat almal rondom hom aangejaag het. Maar om in die openbaar uit te gaan terwyl jy weet jy is Covid-positief,” sê die eerste verslaggewer verder.

“Wel, ek dink nie hy was eens Covid-positief nie,” voeg sy by, voordat haar medeaanbieder sê: “Hy is deur sy eie leuens gepootjie”.

Die aanbieders verwys na die feit dat Djokovic op 17 Desember sonder ’n masker saam met kinders in die openbaar verskyn het.

Hy het dus nie in isolasie gegaan nie nadat hy (volgens hofdokumente) op die aand van 16 Desember uitgevind het hy is positief getoets vir die Coronavirus.

Die volgende dag het hy ’n onderhoud en fotosessie met die Franse publikasie L’Equipe gehad, iets wat die wenner van 20 Grand Slam-titels gister in ’n verklaring as ’n “fout” beskryf het.

Die aanbieders erken in die video dat Djokovic nie aangehou moes word soos wat gebeur het nie.

Daar is steeds ’n moontlikheid dat Australië se immigrasie-minister, Alex Hawke, kan besluit om Djokovic van sy Australiese visum te stroop én hom die land vir drie jaar te verbied.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!