Aussie gekap vir sy Serena-spotprent
Tennis
'n Australiese spotprentkunstenaar het hewige kritiek ontlok ná sy uitbeelding van die tennisster Serena Williams.
Stuff berig JK Rowling, die skrywer van die Harry Potter-reeks, het so ver gegaan om dit as “rassistiese en seksistiese snert” te beskryf.
Mark Knight se spotprent, wat Maandag in Melbourne se Herald Sun gepubliseer is, skets 'n mannetjiesagtige Williams met dik lippe wat by die Amerikaanse Ope op en af op 'n gebreekte raket spring.
In die spotprent vra die skeidsregter vir Naomi Osaka (uitgebeeld met 'n blonde bokstert ondanks haar Japannese en Hawaise afkoms): “Kan jy haar nie net laat wen nie?”
Die chaotiese einde van die eindstryd vir vroue in vanjaar se toernooi het oor die wêreld heen 'n vurige debat ontketen.
Williams is met US$17 000 (sowat R259 000) beboet weens die gedragskode-oortredings waaroor sy in die eindstryd gewaarsku is. Dit het gelei tot aantygings dat dubbele standaarde vir mans- en vrouespelers in die sportsoort geld.
Die Amerikaner se veldtog om haar 24ste Grand Slam-titel te verower, is deur die Japanner Naomi Osaka in die wiele gery.
Knight, wat berug is weens sy omstrede spotprente, is uit alle oorde gekap, selfs deur 'n lid van die Amerikaanse kongres, en deur die meerderheid van die 22 000 mense wat op Twitter, waar hy die spotprent geplaas het, daarop gereageer het.
Rowling tel ook onder sy kritici. “Welgedaan. Jy het een van die beste sportvroue in die wêreld deur rassistiese en seksistiese snert afgekraak en 'n tweede uitstekende sportvrou in 'n gesiglose dekorstuk verander,” sê Rowling.
Knight het op die kritiek gereageer deur daarop te wys dat hy 'n onvleiende spotprent van die Aussie-tennisspeler Nick Kyrgios geteken het waar hy hom “sleg gedra”.
“Moenie geslag hierby betrek wanneer dit alles oor gedrag gaan nie,” sê hy.
– Sportredaksie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie