Aussie-vrou sal res van roetes stap
Ultra-veldlope
Annchen Nel - Die Australiese ultra-hardloper en wateraktivis Mina Guli is in Suid-Afrika, maar dit gaan nie goed met haar nie.
Sy sou haar 54ste marathon in Suid-Afrika gehardloop het, maar haar veldtog om 100 marathons in 100 dae te hardloop, het 'n knou weg weens 'n besering.
Guli het einde Desember in Suid-Afrika aangekom en ná erge pyn in haar regterbeen by 'n dokter se spreekkamer ingestap. 'n Skandering het gewys sy het 'n stresfraktuur in haar dybeen.
Volgens 'n verklaring is Guli (48) egter vasbeslote om haar #RunningDry-veldtog te voltooi, al moet sy stap.
Sy is nou by die halfpadmerk.
Guli se marathonveldtog het in November in New York begin en haar doelwit is om haar 100ste marathon op 11 Februarie in New York te hardloop.
Die aktivis wil met haar ultra-hardlooppogings en wêreldreis die aandag vestig op die yslike watertekort wat die wêreld in die gesig staar en mense wêreldwyd aanmoedig om water te bespaar en anders te begin dink oor hoe hulle water gebruik.
Dié avonturier en wateraktivis sê die wêreld gaan in 2030 'n tekort van 40% in watervoorraad hê.
Guli het pas in die Karoo eerstehands die omvang van die droogte beleef.
Sy het Beaufort-Wes besoek en by inwoners gehoor hoe die droogte en watertekort hulle raak.
“Dit was erg om self te sien wat dit beteken om met géén water klaar te kom nie. Dit het my net meer vasbeslote gemaak om my veldtog te voltooi en te probeer verander hóé mense oor water dink,” sê Guli.
“Ons kan eenvoudig nie water as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is kritiek. Ons moet dit respekteer en waardeer.”
Guli sal nou probeer om elke marathon in nege ure te voltooi.
Dié voormalige prokureur en beleggingsbankier se tekkies het reeds geklap in Engeland, Frankryk, Italië, Uzbekistan en die dorre Aral-meer, Indië, Hongkong, China, Dubai, Jordanië, Israel, Palestina en Lesotho.
Guli sal Dinsdag geleenthede in die V&A Waterfront bywoon. Ná Suid-Afrika gaan sy na Australië, Chili, Bolivië, Peru en Mexiko en dan Amerika.
• Guli is die stigter van die niewinsgewende organisasie Thirst, wat begin het deur die jeug in China te leer van volhoubare waterverbruik.
Haar reis word vir 'n dokumentêre program verfilm.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie