Aussies oorleef eerste dag
Aussies oorleef eerste dag

Aussies oorleef eerste dag

Krieket
Tielman van Lill
Altus Momberg



''n Wonderlike onoorwonne honderdtal deur Faf du Plessis het Suid-Afrika so effe gered op die eerste dag van die derde kriekettoets teen Australië in Adelaide.

Du Plessis (118*) het die Proteas gehelp om sy eerste beurt op 259/9 gesluit te verklaar. Die Proteas het reg deur die dag gesukkel om die Aussie-boulers te bemeester. Josh Hazlewood met 4/68 was weer Australië se beste bouler. Dit is ook die eerste middag­aand-toets met ''n pienk bal waarin Suid-Afrika speel. Die Proteas het reeds die reeks beklink en ''n bloedjonk Australiese span is vir die laaste toets gekies.

Josh Hazlewood (4/68) het met gedissiplineerde boulwerk gewys wat moontlik is op dié blad. Hy was nogmaals Australië se mees effektiewe bouler. Hy het met onberispelike dissipline die lewe moeilik gemaak vir die Protea-kolwers.

Suid-Afrika se boulers kan gerus kyk na die lengte wat hy met sy aflewerings gehandhaaf het en probeer om dit na te boots. Mitchell Starc was soms briljant en ander kere die kluts kwyt. Hy het van albei die aanvangskolwers ontslae geraak en die bal behoorlik geswaai in die eerste sessie.

Hy was egter te wisselvallig om groter sukses te behaal. Die Proteas se kolwers het egter steeds met reëlmaat hul paaltjies verloor en niemand het werklik vir Du Plessis ondersteun tot Kyle Abbott en Tabraiz Shamsi reg aan die einde nie.

Australië: David Warner, Matt Renshaw, Usman Khawaja, Steve Smith (k), Peter Handscomb, Nic Maddinson, Matthew Wade, Mitchell Starc, Josh Hazlewood, Nathan Lyon, Jackson Bird.

Suid-Afrika: Stephen Cook, Dean Elgar, Hashim Amla, JP Duminy, Faf du Plessis (k), Temba Bavuma, Quinton de Kock, Vernon Philander, Kyle Abbott, Kagiso Rabada, Tabraiz Shamsi. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!