Austin op ‘n naaldpunt na bomaanvalle
Polisie in die Amerikaanse deelstaat Texas vrees dat ‘n reeksbomaanvaller vandeesmaand ses kragtige ploftoestelle geplant het wat die dood van twee mense veroorsaak en vier ander beseer het.
Dit het vrees vir verdere aanvalle in die stad Austin laat ontstaan.
Ondersoekbeamptes sê hulle is nie seker wat die reeks aanvalle gemotiveer wat op 2 Maart gelede begin het nie. Hulle het na die aanvaller uitgereik en hom of haar aangemoedig om met hulle in verbinding te tree en te verduidelik watter eise hy of sy het.
Die eerste drie ploftoestelle was pakketbomme wat in die nag voor huise in die stad se oostelike deel afgelaai is. Die vierde bom was egter ‘n struikeldraadtoestel wat Sondag in ‘n woonbuurt in die westelike deel van die stad ontplof het.
‘n Pakkie vol spykers en skrapnel het Dinsdag by ‘n FedEx sentrum naby San Antonio in Texas ontplof en ‘n werknemer beseer. Kort daarna is ‘n foptoestelpakket in Austin onderskep. In vyf van die ses voorvalle het die toestelle ontplof.
Die polisie sê al die toestelle het dieselfde kenmerke gehad.
“Ons het beslis met ‘n reeksbomaanvaller te doen,” het Austin se polisiehoof, Brian Manley, gesê.
Twee mans is in die jongste bomaanval beseer.
Manley sê meer as 500 agente van die FBI en die Buro vir Alkohol, Tabak, Vuurwapens en Plofstof is by die ondersoek betrek.
Austin se burgemeester, Steve Adler, het aan CNN gesê hy is vol vertroue dat wie ook al vir die aanvalle verantwoordelik is, opgespoor sal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie