Australië bevestig beleid - ook vir SA se boere
Australië se minister van binnelandse sake, sê daar is geen sprake daarvan dat sy uitlatings oor die verwelkoming van Suid-Afrika se boere gerepudieer is nie.
Die Australiese regering ondersoek reeds verskeie gevalle van Suid-Afrikaners wat ingevolge Australië se beleid oor vlugtelinge kwalifiseer om hulle in dié land te vestig.
Australië se minister van binnelandse sake, Peter Dutton, het 'n onderhoud met Andrew Bolt van SkyNews op sy amptelike webblad geplaas. Daarin beantwoord hy onder meer vrae oor grondhervorming in Suid-Afrika.
Bolt: “Suid-Afrika se minister van internasionale betrekkinge, Lindiwe Sisulu, het 'n verklaring uitgereik waarin sy dit verwelkom dat Turnbull en Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, jou uitlatings oor grondhervorming terugtrek. Is dit so?”
Dutton: “Nee, dit is nie teruggetrek nie.
“Die regering se standpunt is dat ons 'n beleid het oor vlugtelinge en medemenslikheid en ons het 'n inname ingevolge daardie program.
“Daar was geen ontkenning nie en dit is beslis nie die eerste minister of minister van buitelandse sake se beleid nie en die eerste minister het dit vandag bevestig.”
Bolt: “Wel dit sal nie die eerste keer wees dat die minister van buitelandse sake jou ondermyn nie. Is jy oortuig daarvan dat sy dit nie in dié geval gedoen het nie?”
Dutton: “Nee, Andrew, en ek het die brief gesien wat Julie aan haar eweknie in Suid-Afrika gestuur het, en dit behels geen verwerping of repudiëring van die uitlatings nie. Dit bevestig ons standpunt oor ons medemenslike beleid teenoor vlugtelinge.”
Bolt noem in die onderhoud dat pres. Cyril Ramaphosa “ 'n mosie in die parlement goedgekeur het” wat sal toelaat dat plase sonder vergoeding gevat word, maar sedertdien bygevoeg het dat grond nie gesteel of gegryp gaan word nie.
Bolt vra Dutton of dit weens sy toedoen is en of dit hom tevrede stel.
Dutton sê hy het geen kommentaar oor Suid-Afrika se politiek nie.
Hy sê Australië is 'n wonderlike land wat menige Suid-Afrikaners verwelkom het.
“Honderde duisende Suid-Afrikaners noem Australië hul tuiste en die Australiese regering verwelkom dit.
“Indien daar meer mense is wat beskerming vereis omdat hul regte geskend word, hulle aangerand is en 'n saak het om te stel, sal ons na daardie individuele omstandighede kyk – soos ek sê, ons doen dit nou reeds.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie