Australië deporteer Djokovic
Novak Djokovic het Sondagoggend sy appèl teen sy deportasie verloor en sal dus nie in die Australiese Ope meeding nie. Die drie regters het eenparig sy aansoek met koste van die hand gewys. Die Australiese regering se hoofrede dat hy Djokovic se visum Vrydag vir ’n tweede keer teruggetrek het, was omdat hy bang was die Serwiër se teenwoordigheid kan mense in dié land wat gekant is teen inentings opsweep en aanvuur. – Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie