Australiu00eb maak dit moeiliker om burger te word
Australiu00eb maak dit moeiliker om burger te word

Australië maak dit moeiliker om burger te word

Australië wil dit moeiliker maak vir mense om burgerskap van dié land te kry.

Daar word onder meer beplan om die wagtydperk vir burgerskap te verleng, om ’n nuwe “Australiese waardes”-toets by te voeg en om die standaard van Engels te verhoog as deel van die plan om sy immigrasieprogram te hersien.

Die besluit kom kort op die hakke van Malcolm Turnbull, premier van Australië, se aankondiging dat die tydelike werksvisum, wat gewild is onder buitelanders, afgeskaf gaan word. Dit sal vervang word deur ’n strenger program in ’n poging om Australië "eerste te stel”.

Daar is ’n opkoms van nasionalistiese, anti-immigrasiepolitiek in Australië met verregse partye soos One Nation wat sterk openbare steun geniet, terwyl die gewildheid van Turnbull se regerende middelregse regering verwelk.

Die nuwe vereistes vir burgerskap sal na verwagting in die parlement goedgekeur word.

Turnbull het Donderdag gesê onder die nuwe regulasies sal basiese Engels nie meer voldoende wees om ’n Australiese burger te word nie.

Applikante het ’n minimum van ’n vlak 6.0-ekwivalent van die internasionale Engelse toetsstelsel nodig, en ’n mens sal eers ná vier jaar (en nie meer een jaar nie) as ’n permanente inwoner vir burgerskap in aanmerking kom.

“Wat ons doen, is om ons multikulturele samelewing en ons waardes te versterk,” het Turnbull in Canberra aan die media gesê.

“Australiese burgerskap moet gevier en gekoester word. Dit is ’n voorreg. Ek reken as ons Australiërs vandag vra of hulle dink ’n mens kan ’n Australiese burger word sonder om Engels te kan praat, sal hulle sê ek maak ’n grap - sekerlik moet ’n mens Engels kan praat.”

Volgens Turnbull is die huidige immigrasieproses hoofsaaklik “administratief”.

Die huidige burgerskapstoetse toets ’n persoon se kennis van Australiese wette, nasionale simbole en die kleure van die landsvlag.

Maar Turnbull meen dit is nie voldoende om te toets of iemand die “Australiese waardes” aanvaar nie.

“As ons glo dat respek vir vroue en kinders, en om nee te sê vir geweld, Australiese waardes is, en dit ís, hoekom moet dit nie ’n sleuteldeel wees van die proses om ’n Australiese burger te word nie? Hoekom moet die toets slegs ’n kontrolelys van burgerlike vrae wees?”

Die nuwe burgerskapstoets sal vrae insluit soos of applikante hul kinders skool toe stuur, of hulle werk, of hulle van ’n werkende ouderdom is, en of dit deel is van Australiese waardes om aan oproerige bendes te behoort.

“Ons staan op vir Australiese waardes en die parlement moet ook,” het Turnbull gesê. - Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!