Australië se Dutton wil SA boere help
Die Australiese minister van binnelandse sake, Peter Dutton, steur hom nie aan beskuldigings dat hy ’n rassis is omdat hy wit Suid-Afrikaanse boere “wat onder beleg is” wil help nie.
Dutton het gesê wit boere in Suid-Afrika word deur “aaklige omstandighede” in die gesig gestaar en verdien spesiale behandeling van Australië.
Hy is uit verskeie oorde weens sy uitlatings voor stok gekry.
Dutton sê egter hy gaan voort om te kyk na maniere om boere te help om makliker met humanitêre visums Australië toe te gaan, berig die Australiese ABC News.
“Al die kritiek die afgelope week traak my nie,” sê hy.
“Ons kyk na maniere om mense te help om na Australië te immigreer as hulle hulself in daardie situasie bevind. Ons is toegegooi met boodskappe van steun.
“Ek is heeltemal blind vir mense se velkleur, dit maak aan my geen verskil nie.
“Dit pla my dat mense vervolg word, dis die werklikheid. Die aantal mense wat sterf of wreed aangeval word in Suid-Afrika, is ’n werklikheid.
“Die mal linksgesindes bestaan nie vir my nie,” het hy aan die radiostasie 2GB gesê.
Dit pla my dat mense vervolg word, dis die werklikheid. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie