Australiu00eb: Uitslae bekend
Australiu00eb: Uitslae bekend

Australië: Uitslae bekend

Die Australiese verkiesings­uitslae is vergelyk met die verrassende oorwinning van Donald Trump se oorwinning oor Hillary Clinton in Amerika.
Met 70% van die stemme getel ná die verkiesing in Australië, het die regerende koalisie onder leiding van Scott Morrison, Australiese premier, 74 setels verower. Die Arbeidersparty staan op net 65 setels.

Morrison en sy ondersteuners het reeds met feesvieringe in Sydney begin.

“Ek het nog altyd in wonderwerke geglo,” het Morrison aan sy ­uitgelate ondersteuners gesê.

Meningspeilings voor die ­verkiesing het die verwagting geskep dat die ­Arbeidersparty kan wen en soveel as 82 setels in die huis van verteenwoordigers op hom kan verenig.

Volgens peilings het Australiërs nie veel erg aan Morrison óf Bill Shorten, leier van die Arbeidersparty, nie.

Van die woorde wat Australiërs in die peling gebruik het om Morrison en Shorten te beskryf, is “arrogant, oninspirerend en uit voeling met die kiesers”.

Shorten het Morrison intussen gebel en gelukgewens met sy oorwinning.

Die Australiese uitslae is vergelyk met die verrassende oorwinning van die Republikeinse kandidaat Donald Trump se oorwinning oor Hillary Clinton in die 2016- presidensiële verkiesing in die VSA.

Trump en die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, was van die eerste wêreldleiers wat Morrison geluk­gewens het.

 – Netwerk24/CNN/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!