Australiese riviere hard getref deur 'driedubbele ramp'
Australiese riviere hard getref deur 'driedubbele ramp'

Australiese riviere hard getref deur 'driedubbele ramp'

Met die vloede in Australië wat nou volg op die droogte en ­vernietigende brande, is die land se rivierlewe nou bloot­gestel aan die gevaar van uitwissing.

In sommige gebiede loop die riviere soos 'n “dik koekmengsel” weens al die as wat ná die brande in die riviere gespoel word.

Daar is geen suurstof in die “koekmengsel” vir die visse en ander lewende organismes nie, berig The Guardian.

Prof. Ross Thompson, 'n vars­water-ekoloog van die Universiteit van Canberra, sê daar is 'n groot gevaar dat spesies kan uitsterf, selfs spesies wat nog nie eens ­behoorlik beskryf is nie.

“Ons water-ekologie het nog nie so 'n ramp beleef nie. Hierdie jaar het ons benewens die droogte en die vloede, die brande gehad wat 'n derde krisis veroorsaak.”

Daar is ook kommer dat die riviere nie die 30 tot 40 jaar gaan kry wat nodig is om van hierdie driedubbelle ramp te herstel nie, sê Thompson.
– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!