Australiese spanspek met Listeria besmet
Minstens 180 mense in Suid-Afrika en sewe in Australië is reeds weens listeriose dood.
Spanspek met die dodelike Listeria-bakterie is deur Australië na minstens nege lande uitgevoer.
Sewe mense het in Australië gesterf en een miskraam is aangeteken weens die uitbreking van listeriose, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
Die spanspekke is na Hongkong, Japan, Koeweit, Maleisië, Oman, Katar, Singapoer, die Verenigde Arabiese Emirate en Bahrein uitgevoer en is dalk ook na die Seychelles verskeep, volgens die WGO.
Tussen 17 Januarie en 6 April vanjaar het Australië 19 bevestigde gevalle en een moontlike geval van listeriose aangemeld. Al die pasiënte is in die hospitaal opgeneem, waar sewe gesterf het.
Die Listeria monocytogenes-bakterieë het ’n potensieel lang inkubasie-tydperk. Dis gewoonlik een of twee weke, maar dit kan tot selfs 90 dae duur voordat die siekte ontwikkel. Dus kan meer gevalle steeds na vore kom, sê die WGO.
“Gevalle in die lande wat geraak word, sal dalk steeds geïdentifiseer word.”
Die betrokke Australiese produsent, wat nie deur die WGO geïdentifiseer is nie, het die vrugte op 27 Februarie aan die mark onttrek.
Op 2 Maart het die Australiese owerhede agtergekom die maatskappy se spanspekke is uitgevoer en hulle het omvattende kennisgewings deur die internasionale netwerk van voedselveiligheidsagentskappe aan die betrokke lande gestuur.
“Daar word vermoed dat die oorsaak van die uitbreking ’n kombinasie van omgewingsfaktore en weersomstandighede was wat die oppervlak van die vrugte besmet het, met lae vlakke van die bakterie wat steeds vasgeklou het nadat die vrugte gewas is,” lui die verklaring van die WGO.
“Die kweker werk steeds nou saam met die betrokke owerhede en het reeds op 2 April sy verskaffing van spanspek aan die mark hervat, nadat toetse bevind het sy eiendom is vry van die bakterie.”
Listeriose kan in ’n minder ernstige vorm voorkom waar mense net vir ’n paar dae lank diarree en koors ondervind. Maar daar is ook ’n baie ernstiger vorm wat bloedvergiftiging en breinvliesontsteking kan veroorsaak en veral gevaarlik is vir swanger vroue, kleuters, bejaardes en mense wat behandeling vir kanker, vigs of orgaanoorplantings ondergaan.
Die ernstige vorm van die siekte het ’n sterftekoers van tussen 20% en 30%.
Benewens ongewaste vrugte en groente, is daar ook ander voedselsoorte wat ’n hoë risiko dra, soos suiwelprodukte wat van ongepasteuriseerde melk gemaak is, sagte kaas, verwerkte kouevleis, roomys, rou seekos en skulpvis.
’n Afsonderlike uitbreking van listeriose in Suid-Afrika het tot die dood van minstens 180 mense gelei en ’n groepsgeding teen die Suid-Afrikaanse voedselvervaardiger Tiger Brands tot gevolg gehad. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie