Australiërs gee jawoord vir gay huwelike
Australiërs het met ’n oorweldigende meerderheid “ja” gestem in ’n posopname vir die wetsontwerp om gay huwelike te wettig.
Reuters berig dit sal die weg baan vir dié wetgewing om teen die einde van 2017 afgehandel te word.
Australië sal volgens dié nuusagentskap die 26ste land wees om wette oor gay huwelike te formaliseer.
Talle mense het Woensdag trourokke en blink pakke gedra en geproklameer: “Ons liefde is werklik”.
Duisende mense het in Sydney bymekaar gekom om die uitslag, wat deur Australië se hoofstatistikus aangekondig is, te vier.
Altesaam 61,6% van die mense wat aan die opname deelgeneem het, het vir gay huwelike gestem terwyl 38,4% daarteen gekant was.
an Thorpe, die Olimpiese swemmer wat drie jaar gelede bekend gemaak het hy is gay, het die uitslag as ’n verligting beskryf.
“Dit bring gelykheid in hoe ons oor ander mense voel, ongeag wie dit mag wees,” sê Thorpe.
Die vrywillige opname is nie bindend nie, maar Malcolm Turnbull, premier, sê hy sal die belofte nakom om die wetsontwerp met die parlement se volgende sitting voor te lê. Hy hoop die wette sal teen Kersfees afgehandel wees.
Die uitslag is ’n waterskeiding vir gay regte in Australië, waar homoseksuele aktiwiteite tot in 1997 onwettig was in sekere deelstate.
“Dit is ’n goeie dag. Dis hoe ’n mens dit doen, Australië,” het die geselsprogramaanbieder Ellen DeGeneres, wat met die Australiese aktrise Portia de Rossi getroud is, gesê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie