AutoExec help graag
Dié paneelklopper het klein begin, maar is vandag 'n toprolspeler in die plaaslike bedryf.
Yochanaan Coetzee
Mnr. Terence Lind, eienaar van AutoExec-paneelkloppers, sê hul sukses is toe te skryf aan vaardighede, aandag aan die fyner besonderhede, gehalte produkte en opvolg met kliënte.
“Jy kan die grootste werkswinkel en die mees gevorderde toerusting hê, maar as die werk nie met die regte benadering en vaardighede aangepak word nie, het dit 'n effek op die eindproduk.
“Selfs een skewe woord van 'n ontevrede kliënt om 'n braaivleisvuur kan jou besigheid baie skade berokken,” sê Lind.
Toe Republikein onlangs by AutoExec se spogperseel in Prosperita, in Windhoek, gaan inloer het, was dit duidelik dat hulle geen tekort aan toerusting het nie.
Die reusewerkswinkel bied ervare tegnici die ruimte om hul werk in 'n veilige en gemaklike omgewing te doen.
As besoeker kan 'n mens sommer sien hoe daar op die werk gekonsentreer word.
Almal werk doelgerig en hul ervaring en fokus is duidelik.
Lind sê AutoExec het die beste kandidate in diens geneem, en dat die werknemers deels vir die besigheid verantwoordelik is.
“Ons streef daarna om 'n sekere gehalte te handhaaf in alles wat ons doen. Omdat ons met ons kliënte se beleggings werk en dit baie ernstig opneem, is daardie gehalte niks minder as 105% nie,” sê Lind.
“Dit is ook hoekom ons net die beste produkte gebruik.”
Om 'n voertuig te spuitverf is die mees werkintensiewe deel van die paneelklopproses, sê Lind, en met die hoogs gevorderde spuitverftegnologie waarmee moderne voertuie spog, benodig hulle kundige ondersteuning om die beste resultate te kan lewer.
“Kyk, jy kry nie juis 'n slegte verf deesdae nie, maar die Glasurit-produkte is uitstekend, en met Hemco Paints as 'n vennoot kan ons die vereistes van ons kliënte keer op keer nakom én oortref,” sê Lind.
Hy het beklemtoon dat hoewel hulle 'n groter paneelklopper is en goedkeuring het om groot herstelwerk op die meeste handelsmerke te doen, hulle ook graag kleiner take aanpak omdat hulle verstaan hoe belangrik dit vir kliënte is om hul belegging in 'n puik toestand te hou.
“Ons help graag. Ons wil verhoudings met ons kliënte bou, so ons is meer as bereid om alle kliënte te akkommodeer. Afhangende van die beskikbaarheid van onderdele mik ons daarna om herstelwerk so gou moontlik te voltooi,” sê hy.
Deur goeie vakmanskap, toewyding aan puik gehalte en tegniese ondersteuning is AutoExec duidelik in 'n ander klas.
Skakel hulle by 061 300 615 om hul benadering tot diens en vakmanskap eerstehands te ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie