Aveng Water vir R10 m. minder verkoop as verwag
Petrus Malherbe
Die konstruksiegroep Aveng het die verkoop van sy waterinfrastruktuur-ondernemings Aveng Water en Aveng Water Namibië voltrek.
Aveng het Dinsdag 'n betaling van R85 miljoen van Cambrose 735, 'n spesialedoelmaatskappy in swart besit, ontvang.
Aveng Water suiwer onder meer suur mynwater en doen ontsouting van seewater.
Die kooptransaksie is aanvanklik in Januarie aangekondig teen 'n bedrag van R95 miljoen.
Cambrose het uiteindelik R10 miljoen minder vir albei ondernemings betaal.
Luidens 'n Sens-verklaring is die bedrag ná 'n omsigtigheidsondersoek verminder.
'n Uitgestelde betaling van R5 miljoen geld wel wat in Junie 2020 betaalbaar sal wees mits 'n “aantal voorwaardes” nagekom word.
Aveng sê voorts hy gaan die geld wat hy reeds ontvang het, gebruik om die groep se finansiële posisie te versterk.
Aveng is, soos ander groot konstruksiefirmas, die afgelope paar maande diep in die knyp weens die gebrek aan groot infrastruktuurprojekte in Suid-Afrika en die res van Afrika.
Hy het reeds in Februarie 2018 aangekondig hy gaan sake herstruktureer en van niekernbates ontslae raak.
Aveng wil homself graag eendag as 'n internasionale infrastruktuur-en-hulpbronfirma herposisioneer.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie