Avid-5 hoor hul lot
Denver Kisting - Regter Christie Liebenberg is tans besig met die vonnisoplegging van vyf hoës weens ’n twyfelagtige multimiljoen-transaksie etlike jare gelede.
Dié transaksie hou verband met ’n belegging van sowat N$30 miljoen wat die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) in ’n skema gemaak het.
Die vyftal, wat vanoggend hul lot in Hof B in die hoërhof in Windhoek sal hoor, is die voormalige Swapo-jeugligaleier en adjunkminister, Paulus Kapia, ’n mede-oud-LP Ralph Blaauw en die rekenmeester Inez /Gâses. Die sakeman Nico Josea en Blaauw se vrou, die prokureur Sharon Blaauw, is die ander twee.
Die openbare galery was vroegoggend al volgepak met groot belangstelling in wat die strawwe gaan wees wat die vyftal opgelê word. Josea was die eerste om sy plek in die beskuldigde bank in te neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie