Avid-verhoor: Josea vra die hof vir genade
Mnr. Nico Josea het vanoggend in die hof in trane uitgebars toe hy vertel het hoe die Avid-hofsaak sy gesin en veral sy drie seuns se lewens oor die afgelope 13 jaar (sedert 2005) beïnvloed het. Die hof moes vir 15 minute verdaag sodat hy tot bedaring kon kom. Volgens hom het die hofsaak hom finansieel geruïneer. Me. Sharon en mnr. Ralph Blaauw se regsverteenwoordiger, mnr. Gilroy Kasper, het vir opgeskorte vonnisse met die opsie van 'n boete van N$20 000 elk gevra.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie