Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug
Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.
Só sê die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga.
Oor twee weke is dit vier maande sedert haar erg verminkte lykie in ’n rivierloop in die hoofstad gevind is.
Haar moordenaar(s) is ondanks ’n beloning van N$100 000 steeds op vrye voet.
Verskeie van haar liggaamsdele is ook steeds soek.
Volgens Ndeitunga is dié dalk te min om mense aan te moedig om met inligting vorendag te kom, wat die geweldenaar(s) agter tralies sal laat beland.
Op ’n vraag van Republikein oor of die misdaadspoor dalk al yskoud is, het hy gesê sou dit ’n vreemdeling gewees het wat haar ontvoer en vermoor het, het dié persoon waarskynlik reeds die land verlaat.
Teen gister was daar nog geen deurbraak nie, het Ndeitunga toegegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie