Avihe: Polisie reik beloning uit
Talle organisasies het die moord op die negejarige Avihe Cheryl Ujaha veroordeel.
Tanja Bause - Weinig inligting het gister na vore gekom by 'n nuuskonferesie waar joernaliste gehoop het die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, in die lig van die land se afgryse oor die moord op Avihe Cheryl Ujaha, belangrike inligting rakende geweld teen vroue en kinders bekend sou maak.
Intussen het die Namibiese polisie gister ’n beloning van N$30 000 aangebied vir inligting wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van die verdagte of verdagtes in die grumoord op die negejarige meisietjie sal lei.
“Die identiteit sal beskerm word van enigiemand wat inligting aan die polisie verskaf,” beloof die polisie in 'n verklaring. Mense kan adj.komm. Abner Agas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, by 081 124 2649 bel.
Volgens Sioka toon statistieke 90% van geslagsgebaseerde geweld word deur mans gepleeg en 86% van die slagoffers is vroue. Sy kon nie meer spesifieke statistieke oor geslagsgebaseerde geweld verskaf nie.
“Dit verander elke dag. Elke dag is daar nog een,” het Sioka gesê. Daar is volgens die minister 'n veilige hawe vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld in sewe streke van die land.
Volgens die waarnemende permanente sekretaris in dié ministerie, me. Martha Mbombo, kry die ministerie die statistieke kwartaalliks van die Namibiese polisie. “Ons kry dit nie maandeliks nie, dus weet ons nie nou (wat dit is) nie,” het sy gesê.
In Suid-Afrika het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, mnr. Francois Beukman, Woensdag in die parlement gesê daar is 3 915 vroue en kinders tussen 1 April 2017 en 31 Maart 2018 in die buurland vermoor.
Mbombo sê Namibië het tans net een skuiling vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld wat operasioneel is. Dit word deur die ministerie gesubsidieer. "Die ander is almal tydelik in gebruik. Slagoffers kan een of twee dae daar onder die toesig van ’n maatskaplike werker bly terwyl die ministerie ’n ander veilige plek vir hulle soek. Ons het laas week Vrydag die finale standaardbedryfsprosedures vir die skuilings gefinaliseer en teen die einde van die jaar behoort ons twee operasionele skuilings in Namibië te hê,” het Mbombo gesê.
Volgens Sioka kan die regering nie alleen teen geslagsgeweld veg nie en moet die hele land betrokke raak.
“Talle ministeries is in die stryd betrokke. My ministerie is daar om bewusmaking te skep. Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is daar om na die slagoffers te kyk. Die ministerie van veiligheid en sekuriteit is daar om die oortreder in hegtenis te neem en die ministerie van justisie moet hom vonnis,” het Sioka gesê.
Die organisasie LifeLine/ChildLine sê in ’n verklaring hy is gereed om veral die kinders van die Gammams Primêre Skool waar Avihe skoolgegaan het, met psigososiale ondersteuning te help. Hulle kan die tolvrye nommer 116 Child HelpLine of 106 GBV HelpLine Maandae tot Sondae vanaf 08:00 tot 22:00 skakel.
“Ons beraders is ook gereed om persoonlike berading gratis vir kinders, ouers en volwassenes in enige plaaslike taal te gee,” lui die verklaring.
Verskeie ander instansies en organisasies waaronder die Popular Democratic Movement (PDM) se jeugliga, die ministerie van justisie en die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) het ook verklarings uitgereik wat die gruweldaad veroordeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie