Avihe u2018vier eerste verjaardag in hemelu2019
Avihe u2018vier eerste verjaardag in hemelu2019

Avihe ‘vier eerste verjaardag in hemel’

Denver Kisting
Denver Kisting – Klein Avihe Cheryl Ujaha sou gister 10 jaar oud geword het.

Dié meisietjie het Namibiërs verlede jaar in rou gedompel toe haar opgekapte lykie in ’n rivierloop in Windhoek gevind is.

Twee dae voor dié gruvonds het sy van haar ma se huis in Katutura verdwyn.

Gister was ook ses maande sedert haar erg verminkte lykie op 29 Julie 2018 gevind is.

Van haar liggaamsdele is steeds nie opgespoor nie.

Haar sussie, me. Jessica Kaimu, het gister gesê die gesin sukkel steeds om haar dood te verwerk.

“Vandag is Avihe se eerste verjaardag in die hemel, en dit is baie moeilik vir ons.”

Kaimu was die laaste mens wat haar lewend gesien het toe sy op ’n Sondagmiddag weggeraak het.

Volgens haar het hulle nog geen inligting oor ’n verdagte van die owerhede ontvang nie.

Intussen het komm. Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder van die Khomasstreek, gister bevestig hulle het nog niemand in verband met die ontvoering, moord en skending van die oorskot aangekeer nie.

“Niemand nie. Die dossier is nog by ons.”

Die beloning van N$100 000 geld ook steeds, het Nghishidimbwa gistermiddag gesê.

Hy het vantevore gesê die polisie ís in staat om die misdaad op te los.

’n Span ondersoekers werk aan die saak, het hy ’n maand ná die grumoord gesê.

“Ondersoeke gaan nie oor wonderwerke nie; dit gaan oor bewyse.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!