Avisdam-beskuldigdes in hof
Avisdam-beskuldigdes in hof

Avisdam-beskuldigdes in hof

Die drie mans wat in verband met die moord op Daniele Ferrari vroeër vanjaar aangekeer is, sal in aanhouding bly tot hul formele borgtogaansoek in April aangehoor word.
Kristien Kruger
Kristien Kruger - Die drie mans wat in hegtenis geneem is in verband met die wrede moord op mnr. Daniele Ferrari (52), het gister in die landdroshof in Windhoek verskyn.

Landdros Ivan Gawanab het beslis die drie moordbeskuldigdes, mnre. Kefas Iileka (33), Johannes Muzabdma (32) en Muvua Antonio Vanuzo Cheme (25), moet in aanhouding bly tot hul formele aansoek om borgtog op 9 April 2021 aangehoor word.

Dit kom nadat die staatsaanklaer, me. Ntelamo Mabuku, borgtog teengestaan het.

“Buiten die erns van die oortreding en die feit dat die ondersoek nog in die beginstadium is, sal dit nie in die publiek se belang of in die belang van geregtigheid wees om die beskuldigdes op borgtog vry te laat nie,” het sy gesê.

Die drie mans staan tereg op klagte van moord, roof met verswarende omstandighede en poging tot moord.

Iileka en Muzabdma is Maandag in hegtenis geneem nadat wyle Ferrari se beursie, horlosie en sy broek se gordel in hul besit gevind is.



DODELIKE AANVAL

Ferrari is op 14 Julie vanjaar omstreeks 18:45 by die Avisdam, kort na die sekuriteit reeds huis toe is, deur verdagtes met 'n mes en panga aangeval. Twee drawwers het probeer om Ferrari te help en hy het vermoedelik die geleentheid gekry om te ontsnap en na sy voertuig te vlug.

Hulle het Ferrari egter agterna gesit en hom in sy motor vermoor.

Een van die drawwers is met die panga gekap en het ernstige beserings opgedoen.

Al drie die beskuldigdes het gister in die hof gesê hulle beplan om vir regshulp aansoek te doen.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!