Avokado's se pryse hoogste nóg
'n Skerp styging in die vraag na avokado's en 'n veel kleiner oes as gewoonlik in veral Meksiko en Kalifornië het die prys van dié “superkos” in die buiteland tot die hoogste vlakke nog laat styg.
'n Boks met 10 kg Hass-avo's van die Meksikaanse staat Michoacan, die grootste produsent van avo's in die land, kos volgens die Meksikaanse regering 530 pesos (US$27,89).
Dié prys, wat wissel van seisoen tot seisoen, is meer as dubbel wat dit 'n jaar gelede was en die hoogste nog sedert 19 jaar gelede toe amptelike rekordhouding van pryse begin het.
Dit volg nadat daar die laaste paar jaar 'n drastiese styging was in die vraag na avo's – veral sedert dié vrug sy status as sogenaamde superkos gekry het.
Volgens die Amerikaanse regering het die land se per capita-verbruik van sowat 1,5 kg in 2006 verhoog tot net meer as 3 kg in 2015.
Amerika se Starbucks Corp het verlede maand byvoorbeeld aangekondig hy gaan 'n avokadosmeer begin verkoop.
Roland Fumasi, 'n ontleder van Rabobank in Kalifornië, sê die vraag na avo's groei sterk in China en ander dele van die wêreld. Daarom word 'n groter deel van die Meksikaanse oes daarheen uitgevoer en is daar minder beskikbaar vir Amerika.
Meksiko verskaf sowat 82% van die avokado's wat in Amerika geëet word. Die hoeveelheid avo's wat Amerika uit Meksiko ingevoer het, het van byna 11 miljoen kg in 2000 gestyg tot sowat 800 miljoen kg in 2015, toon inligting van die Hass-avokadoraad in Kalifornië.
KLEINER OES VERWAG
Avokadobome dra elke tweede jaar 'n groot oes en Fumasi sê vanjaar word 'n kleiner oes verwag.
Kalifornië se avokado-kommissie voorspel dat produksie in dié staat, wat die res van Amerika se avokadopere verskaf, sowat 44% laer gaan wees.
Die Amerikaanse restaurantgroep Chipotle Mexican Grill het verlede week al gesê die tekort aan avo's plaas druk op sy koste.
Hass-avokado's het middel April teen US$1,27 elk verkoop, vergeleke met 98c 'n jaar vroeër, volgens die Amerikaanse departement van landbou.
“Avokado's se pryse gaan relatief hoog bly,” sê Fumasi. “Dit kan die hele somer duur.
“Kopers sal moet wag tot die herfs in die Noordelike Halfrond en hoop die volgende seisoen se Meksikaanse oes is groter sodat daar genoeg volume sal wees om pryse wesenlik laer te druk.”
'n Handelaar in Suid-Afrika sê avokado-pryse hier word beïnvloed deur pryse oorsee.
– Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie