Avontuur vir ’n goeie doel
Tanja Bause - Die jaarlikse Nampharm Stigting Avontuurrit het Saterdag in Windhoek begin met die sesde rit waartydens motorfietsryers vir ses dae deur Namibië toer om geld vir die stigting in te samel.
Die geld word gebruik vir die mediese uitgawe van kinders met gesplete verhemeltes en lippe. Dié jaar gaan die 20 deelnemers deur die suide van die land toer. Hulle sal onder meer Bethanie, Aussenkehr, Keetmanshoop en Maltahöhe besoek. Verlede jaar het hulle meer as N$300 000 ingesamel.
Dit is die sesde keer dat mnr. Hein Venter aan die avontuurrit deelneem.
“Ek is by gesondheidsorg betrokke en kinders is vir my baie belangrik. Dit is ook ’n goeie geleentheid om aan die gemeenskap te kan terug gee. Natuurlik is die hele avontuur ook baie prettig en ons almal geniet dit baie,” het Venter gesê. Michael Sjikongo (1) is een van die kinders wat by verlede jaar se avontuurrit gebaat het. Hy het een operasie aan sy gesplete lip ondergaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie