AZ stel 2017-kalender by NTE bekend
AZ stel 2017-kalender by NTE bekend

AZ stel 2017-kalender by NTE bekend

Gerine Hoff
Een van die hoogtepunte van die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat volgende week in Windhoek begin, is die bekendstelling van die Allgemeine Zeitung se 2017-kalender. Daarmee saam word ’n stilveiling van foto’s gehou wat ten bate van die Namibiese Wetenskaplike Vereniging is.
Die 2017-uitgawe van die AZ kalender sal teen N$150 by die ekspo te koop wees en sal daarna ook by uitgesoekte winkels in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Mariental, Omaruru, Okahandja, Tsumeb, Groot­fontein en Otjiwarongo be­skikbaar wees.
Soos gebruiklik, bestaan die kalender uit kleurvolle natuurtonele en foto’s van diere wat deur AZ-lesers ingestuur is. ’n Paneel het 13 van die beste en mees besondere foto’s vir die kalender uitgesoek. Agter op elke foto is ’n kort beskrywing.
Foto’s wat deel is van die stilveiling bestaan uit natuurtonele­ asook diere, mense en voëls wat in drie verskillende groottes op skilderdoek gedruk is. Bie-vorms sal by die AZ-stalletjie in die Presidentsaal by die ekspo beskikbaar wees. Mense kan die prys wat hulle wil betaal daarop skryf en indien. Die hoogste aanbod vir elke individuele foto sal aan die einde van die NTE aanvaar word.
Die geld wat deur die veiling ingesamel word, is ten bate van die Namibiese Weten­skaplike Vereniging om die Namibiana-­versameling bestaande uit boeke, briewe, brosjures en ander dokumente wat op Namibië betrekking het en tans in private besit is, te koop.
Die ekspo vind vanaf 18 tot 21 Mei by die Windhoek skouterrein plaas. Toegang is N$50 vir volwassenes en N$30 vir kinders, terwyl pensioenarisse en kinders onder 12 gratis kan ingaan. Kaartjies is by die hekke en ook vooraf by Computicket­ beskikbaar.

Openingstye
HANDELAARS: Woensdag 18 Mei: 15:00 tot 22:00
PUBLIEK: Donderdag 19 & Vrydag 20 Mei: 12:00 tot 21:00
PUBLIEK: Saterdag 21 Mei: 10:00 tot 17:00

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!