Azzuri geen bedreiging
Rugby
Hendrik Hancke
Minstens twee dinge is duidelik nadat die All Blacks se tweede beste kombinasie Saterdag in Rome ’n uiters flou Italië met 68-10 afgeransel het.
Een: Dat afrigter Steve Hansen nie vir ’n oomblik oor sy span se diepte bekommerd hoef te wees nie, selfs al is die wêreldkampioen verlede naweek in die VSA deur ’n begeesterde Ierland met die spreekwoordelike broek op sy knieë betrap.
En twee: Nie eens die Springboktoerspan wat kort ná die eindfluitjie in die Stadio Olimpico op Twickenham bloedneus by die Engelse gekry het, hoef (té veel) slapelose nagte te hê oor wat Saterdag teen die Azzurri wag nie.
Die Kiwi’s, wat ’n yslike 12 nuwe name in die beginspan gehad het ná die slae teen die Iere, het Saterdag na hul gebruiklike en ongenaakbare druk-rugby teruggekeer en die vlaag op vlaag aanvalle was reeds na net vyf minute se speeltyd té veel vir die Italianers om baas te raak.
Malakai Fekitoa is net links van die pale oor nadat ’n stewige All Black-skrum die grondslag gelê en seepgladde hanteerwerk agterlangs dié makrobuitesenter met net een verdediger gelaat het om te klop.
Dít was die eerste van die Nieu-Seelanders se tien drieë – met Fekitoa wat later weer sou deurdraf.
Die besoekers was ook selde skaam om die bal op die voet te sit en die Europeërs is deurgaans met alles van dodelik akkurate hoekskoppe tot deurdringende rolskoppies beproef.
Dit was egter wéér duidelik – anders as die Bokke – geen All Black sal die stewel inlê as hy nie doodseker is sy span gaan daardeur óf besit terugwen óf posisionele impak maak nie.
Die Italiaanse vleuels het hierop geen antwoord gehad nie, maar die groot skade is voorlangs aangerig.
Voeg daarby die Azzurri se bereidwilligheid om hulself keer op keer stomp teen die All Black-verdedigers vas te hardloop en die moontlikheid van ’n rugby-skok was vroeg reeds van die baan en die telling teen die draaislag op 35-3.
Die Nieu-Seelanders het in die tweede helfte die krane selfs groter oopgedraai.
Die losskakel Aaron Cruden was in die kol met al sewe sy stelskoppe.
Buiten vir Fekitoa se tweekuns, het Charlie Faumuina, Patrick Tuipulotu, Israel Dagg, Wyatt Crockett, Steven Luatua, Elliot Dixon, Rieko Ioane en Waisake Naholo ook gedruk.
Die Italianers is eindelik in die 68ste minuut beloon, toe die plaasvervanger Tommaso Boni ’n langafstand-onderskepdrie gedruk het. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie