Baan se ergste knoppe weer plat
Atletiek
Andrew Poolman - Goed beplande samewerking tussen die ministerie van sport, jeug en nasionale diens asook Windhoek Afrikaanse Privaatskool is te danke dat die atletiekbaan van die Onafhanklikheidstadion nou in 'n beter toestand as 'n paar dae gelede is.
Mnr. Johan Zaayman, hoofsportorganiseerder van Windhoek Affies, het gister spesifieke lof uitgesonder vir die rol van minister Erastus Utoni wat uit sy pad gegaan het om verskeie moontlike struikelblokke uit die weg te help ruim.
Vir organiseerders van atletiekbyeenkomste was die afgelope jare se agteruitgang van die nasionale atletiekbaan se tartan 'n voortdurende frustrasie.
Windhoek Affies was die gasheerskool vir die afgelope naweek se nasionale atletiekbyeenkoms vir die Namibiese Privaatskole-sportorganisasie (Napso) en volgens Zaayman was daar afgesien van 'n kortstondige paar “stresvolle oomblikke” geen sprake dat die aanbieding van die byeenkoms in gevaar sou kom nie.
“Van die begin af het ons hand aan hand met die ministerie van sport saamgewerk en die rolle verdeel vir die gesamentlike doelwit om die stadion op te knap – sowel met die oog op ons atletiekbyeenkoms, as vir die Onafhanklikheidsvieringe die daaropvolgende naweek.
“Windhoek Afrikaanse Privaatskool het aangebied om die ergste skeure en hobbels op die baan se tartan gelyk te maak. Die ministerie het ons hand gevat deur tartan-materiaal wat van die baan op Oshakati oorgebly het, tot ons beskikking te stel, terwyl ons skool se personeel die arbeid sou hanteer.
“Ons skool se veldopsigter, Ben Burger, is 'n man wat enigiets met sy hande kan doen. Hy het eers proefnemings met verskillende gomme gedoen om die regte mengsel te vind om mee te werk.”
Zaayman sê om die hele atletiekbaan se tartan te vervang, sal omtrent N$25 miljoen kos, wat tans nie in enigiemand se begroting is nie.
“Ons het net die dele van die baan gelyk gemaak wat die ergste beskadig was, naamlik by die wegspring van die 100 meters, asook 'n blok van omtrent 35 meter ná die eindstreep. Ten minste is die baan nou weer in 'n beter toestand. Ek is bly dat ons iets goeds kon uitwerk.”
Windhoek Affies se ander beleggings in die Onafhanklikheidstadion was om sitplekke skoon en reg te maak, onkruid te verwyder asook die mierplaag met gif te bestry.
Op sy beurt het die ministerie van sport, in oorleg met die ministerie van werke, verfwerk in die losie vir belangrike gaste gedoen.
“Minister Utoni het nie net 'n puik toespraak by ons openingseremonie gelewer nie, maar agter die skerms het hy ook uit sy pad gegaan om te verseker dat die herstelwerk en verfwerk gedoen kon word met die minimum ontwrigting van die atletiekbyeenkoms, waaraan 25 privaatskole vanoor die land deelgeneem het,” sê Zaayman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie