Baanbreker Karsten het geen perke
Olimpiese Spele
Wim Pretorius – Dit sal ongetwyfeld in atletiek en die Olimpiese Spele se geskiedenisboeke opgeteken word as een van die beste wedlope tot nog toe.
Karsten Warholm het die wêreld Dinsdag verstom toe hy sy eie wêreldrekord in die eindronde van die 400 m-hekkies vermorsel het onderweg na ’n haas ongelooflike wentyd van 45.94 sekondes.
Dié Noorse superster is die eerste atleet wat deur die 46 sekonde-grens in dié nommer gebars het.
Maar wat dié wedloop in Tokio amper fabelagtig gemaak het, is die tye wat die silwer- en bronsmedaljewenners aangeteken het.
Amerika se Rai Benjamin was tweede in 46.17 en Brasilië Alison dos Santos derde in 46.78.
Die 25-jarige Warholm het vroeër vanjaar in Oslo, in sy eerste wedloop van die seisoen, die bykans 29 jaar oue wêreldrekord van Kevin Young (46.78) oortref met ’n tyd van 46.70. Nou is Young se tyd wat vir so lank onbereikbaar gelyk het, skielik in een wedloop deur drié atlete geklop!
Warholm het ná sy oorwinning gesê sy verbluffende vertoning het nog nie lekker ingesink nie.
“Ek kan nie die tyd glo nie. Dit was so vinnig. Ek word dikwels uitgevra oor die volmaakte wedloop en dan het ek gesê so iets bestaan nie, maar dit was die naaste wat ek nog daaraan gekom het. Ek het nie aan ’n enkele hekkie geraak nie,” sê die vlieënde Skandinawiër.
“Ek het voor die wedloop vir myself gesê om al die harde werk te onthou wat ek ingesit het. Ek het soos ’n maniak geoefen. Dit (die goue medalje) was die enigste ding wat ek nog in my versameling gekort het. Ek kan nie beskryf hoe belangrik hierdie prestasie vir my is nie. Dis wat ek van die môre tot die aand doen. Dis massief.”
Warholm sê hy het die vorige aand gesukkel om te slaap, want hy het gevoel iets spesiaal is aan die kom.
“Dit was soos daardie gevoel wat ek as ’n sesjarige kind gekry het op Oukersaand. Dit is ’n gevoel wat jy nooit dink jy weer sal ervaar as jy ouer is nie, maar ek het dit gisteraand gehad.”
Benjamin het in baan vyf aangetree, met Warholm reg langs hom aan sy buitekant. Albei is soos koeëls uit die blokke en ná die eerste paar hekkies was hulle so te sê kop aan kop.
Benjamin het sy voet nie van die versneller gehaal nie en gelyk asof hy Warholm se partytjie dalk nog in die pylvak kon bederf. Warholm het egter nie bes gegee nie en het uiteindelik oor die tiende hekkie ’n gaping bewerkstellig en eerste oor die wenstreep gestorm.
Die Statebond se 400-hekkieskampioen, Kyron McMaster (Britse Maagde-eilande), het boonop vierde geëindig in 47.08, terwyl Abderrahman Samba van Katar vyfde was in 47.12. Yasmani Copello van Turkye was sesde in 47.81.
Dit was die eerste keer tot nog toe dat ses deelnemers in dieselfde wedloop onder 48 sekondes kon hardloop.
En wat lê vir Warholm voor noudat sy versameling volledig is?
“Ek sal nou vir myself nuwe doelwitte moet stel, want ek dink nog nie ek is klaar nie,” was sy antwoord.
– Netwerk24
FOTO’s Getty Images
Superman! Karsten Warholm was ekstaties toe hy sy wêreldrekordtyd in die 400 m-hekkies sien.
’n Atleet sonder perke. Karsten Warholm langs sy nuwe wêreldrekordtyd in die 400 m-hekkies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie