Baanbreker van die Brandberg
BLIKBREIN SKRYF;
Geluk! Vrydag 20 April se koerant het 'n mooi bladsy afgestaan aan die Brandberg en die ryk rotskunsskat wat ons daar het.
Die bladspasie kon groter gewees het, die teks en foto's was ietwat aan die kleinerige kant, vergrootglas opsioneel, maar dit was nogtans 'n vars stukkie ou leesstof oor 'n verwaarloosde stuk erfenis.
Hoe die "Witvrou" ooit as een gesien kon gewees het, gaan die verstand te bowe, want hierdie "vrou" is heel manlik goed bedeeld. Kyk maar self, 'n mens sien soms net wat jy wil sien.
Wat vir my vreemd voorkom, is dat ek kyk en sien dat Harald Pager, wat baanbrekerswerk gedoen het oor die rotstekeninge, nie vermeld word nie. Sy nagetrekte afbeeldings van die werke word deur kenners as van die beste beskou.
Hy het lank in die berg gebly en het veral die skuilings hoër op in die berg goed gedokumenteer, bygestaan deur twee plaaslike gidse.
Ná sy dood het ek 'n onderhoud met sy weduwee gevoer en die punt van 'n argeologiese ysberg aangeraak. Nou, meer as 20 jaar gelede, is dit steeds nog so koud op die pieke?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie