Baanbrekerboer van Uhlenhorst oorlede
Baanbrekerboer van Uhlenhorst oorlede

Baanbrekerboer van Uhlenhorst oorlede

‘n Bekende boer van die Uhlenhorst-omgewing wat oor baie jare diep spore in die boerderygemeenskap getrap het, is oorlede.

Mnr. Benjamin Thaddeus (Ben) Louw (92), van die plaas Kaukerus, het Vrydag in die Oude Rust-tehuis vir bejaardes in Windhoek vermoedelik in sy slaap gesterf.

Sy eggenote, Joey (90), met wie hy langer as 70 jaar getroud was, het hom in September vanjaar ontval.

Louw, wat ook lank ‘n vlieënier was en in 1955 sy eerste vliegtuig aangeskaf het, het tot onlangs toe nog met dorperskape, Charolais-beeste en wild geboer. Jare gelede was hy ook ‘n karakoelboer.

Hy het die land in die twintigerjare saam met sy ouers binegekom nadat hulle Kaukerus gekoop het.

Aanvanklik het hulle onder ‘n boom gebly totdat die plaashuis gebou is. Omdat hulle empatie met armes gehad het, het hulle ook bywoners op die plaas toegelaat. Sy ma het lank alleen op die plaas geboer, terwyl sy pa in Johannesburg op die myne gewerk het om vir die gesin te kan sorg.

Louw was baie innoverend en was in die sestigerjare van die min mense in Namibië wat reënvuurpyle ingespan het om wolke te “melk” toe dié tegnologie nog in ‘n eksperimentele stadium was.

Omdat hy ‘n deeglike kennis van Namibië se boerderyomstandighede gehad het, was hy meer as ‘n dekade lank ook ‘n grondwaardeerder vir die destydse Landbank.

Hy het ook ‘n kontantprys gewen in Landbouweekblad se kompetisie vir boerepatente vir die regulering van die pomp van boorgatwater.

Louw was in sy leeftyd aktief by die georganiseerde landbou en die politiek betrokke. Hy was nie net vir baie jare die voorsitter van die Uhlenhorst-boerevereniging nie, maar het sedert 1958 ook in die kiesafdelingsbestuur van die Suidwes Nasionale Party gedien.

Hy was vyf jaar lank voorsitter van die Uhlenhorst-tak, totdat hy in 1978 bedank het en hom by die Republikeinse Party aangesluit het. Daarna het hy hom vir die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) beywer.

Louw word oorleef deur sy twee seuns, Leon en Nico, asook sy skoondogter, Saretta, en vier kleinkinders, Leon-Ben, Lloyd, Martjie en Nicole.

Sy gedenkdiens vind vandag om 10:00 in die boereverenigingsaal op Uhlenhorst plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!