Baarsbevolkings aangevul
Hengel is 'n groot sport in Namibië en dra etlike miljoene tot die ekonomie by.
Elvira Hattingh - Altesaam 700 nuwe baars (“bass”) is Saterdag in die Von Bach- en Oanobdam vrygelaat - vir die eerste keer in 18 jaar.
Die doel is om die damme se ekostelsels ná die droogte te herstel en terselfdertyd baarshengel as sport te bevorder.
Mnr. Richard Grant, voorsitter van die Namibiese Baarshengelvereniging (NBAA), sê dit is die resultaat van ’n drie jaar lange proses, wat ingesluit het voortdurende samewerking met die ministerie van visserye en mariene hulpbronne, asook ’n opname waarin vasgestel is dat sport¬hengelary ’n groot bydrae tot die Namibiese ekonomie maak.
Dit het gelei tot die opstel van ’n bestuurstrategie vir visbronne in die damme, wat ’n groot bate kan wees solank dit reg bestuur word.
N$50 000 SE BAARS
Permitte om baars in te voer, is onlangs vir die eerste keer in bykans twee dekades deur die regering goedgekeur.
Daarna is N$50 000 se visse uit Suid-Afrika aangekoop.
“Die besending baars kom van plase in die Kaap en was vir drie maande lank onder kwarantyn. Die visse is in laboratoriums getoets om seker te maak hulle is 100% vry van siektes.”
Grant het gesê die visse is tussen 10 cm en 20 cm lank, en volgens ¬standaardpraktyk in vierkantige sakke vol water vervoer word. Die sakke word eers vol suurstof gepomp voordat dit in groot bokse geplaas word. By die dam word tot in die water geloop waarna die visse vrygelaat word.
Hy het gesê wintermaande is die beste tyd om visse te vervoer, aangesien hulle dan redelik onaktief is.
“Die visse wat minstens 20 cm lank is, is oud genoeg om dadelik te begin broei. Een baars lê meer as ’n miljoen eiers op ’n slag, maar net 1% hiervan oorleef en raak uiteindelik volwasse visse.”
Hy sê visse is laas in 2 000 in die Oanob- en Von Bachdam geplaas.
“Ons bring vars gene in, want dié baars wat tot dusver in ons damme was, het sedert 1986 dieselfde bloedlyne. Hulle floreer nie werklik nie en die nuwe gene sal help dat die visse weer beter broei en meer aggressief sal wees,” het Grant gesê.
“Teen die lente sal ons kyk hoeveel die balans in die damme herstel het en dan, indien nodig, nog baars en dalk ook kurpers in die damme gooi.”
Tans is daar net Noordelike baars¬tipes¬ in die damme van Namibië. Sater¬dag is sowat 350 Floridabaars in die Oanob- en Von Bachdam vrygelaat. Wanneer die twee tipes met mekaar teel, lewer dit die F1 Gorillabaarstipe-geen.
“Die F1 Gorillabaars is baie aggressiewer en groter as die ander twee.
“Dit is ’n trofeebaars. Dit is ook die baars wat mense van oral in die wêreld na ’n dam soos Letsibogo in Botswana lok.
“Mense kom Namibië toe om ’n trofeekoedoe te skiet. Nou kan hulle ’n trofee¬baars kom hengel, ’n foto daarvan neem en weer in die dam vrylaat,” het Grant gesê.
OPNAME: HENGEL IS GROOT
’n Plaaslike opname deur die vereniging¬ het bevind Namibiërs bestee jaarliks meer as N$8,5 miljoen op baars- en sporthengel.
Hulle bestee ’n verdere N$22 500 elders in suider-Afrika op baarshengel – ’n syfer wat drasties sal verlaag indien Namibië self beter baarshengel¬ervaringe kan bied. Die opname dui aan dat Namibiërs bote, voertuie (wat gekoop word spesifiek vir hengelaktiwiteite), visvangelektronika en visgerei ter waarde van N$77 miljoen besit. Hulle koop ook voortdurend nuwe visgerei omdat hulle graag die jongste en beste produkte asook tegnologie wil gebruik.
“’n Verskeidenheid van plaaslike nywerhede trek voordeel uit dié sport – die bootbedryf asook besighede wat visgerei verkoop. Daar word malariamedisyne gekoop en selfs die toerismebedryf baat, want hengelaars gaan tuis in lodges langs die riviere in die Noorde, en dorpies soos Hentiesbaai sou moontlik nie eens sonder dié sport bestaan het nie,” het Grant gesê.
DROOGTE SKEP WANBALANS
Hy sê die droogte en opdroging van water in damme het ’n verwoestende uitwerking op visbevolkings en damme se ekostelsels gehad.
“Toe die Von Bachdam se watervlakke in 2016 ’n laagtepunt van 12% bereik het, moes ons intree omdat die babers oorgeneem het en al die ander visspesies onderdruk het.
“Dit was ’n kwessie van die sterkste oorleef, en ’n uitdunningsproses was nodig om weer ’n balans te bewerkstellig.
“Met die toestemming van die ministerie het ons toe agt ton baber uit dié dam gehaal.”
Grant sê die grootste baber het 26 kg geweeg.
“Die gemiddelde gewig van die babers was 5 kg. Al die visse is aan die gemeenskappe naby die dam geskenk.”
Volgens hom is dié ’n suksesverhaal danksy goeie samewerking.
“Ons is baie gelukkig dat die verhoudinge en samewerking tussen die vereniging en die ministerie uitstekend is, en die regering verstaan dat die natuur asook die breë ekonomie voordeel uit dié sport trek.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie