Baba benodig dringende leweroorplanting
’n Sewe maande oue dogtertjie van Rehoboth is in konstante pyn nadat ’n ernstige lewertoestand by haar gediagnoseer is.
Henriette Lamprecht - “Sy het nie baie tyd oor nie; haar lewer word by die dag groter.”
Die sewe maande oue Ameerah Dalilah Hassan van Rehoboth moet dringend ’n leweroorplanting ondergaan, nadat sy vroeër vanjaar met galatresia (Billiary Atresia) gediagnoseer is. Dit is wanneer beskadigde of afwesige ekstrahepatiese kanale tot galfibrose van die lewer lei.
Volgens haar ma, me. Elzaan Rittmann, is die Kasai- chirurgiese prosedure nie meer ’n opsie nie, omdat Ameerah se lewerskade reeds te ver gevorderd is. Ameerah moet tans spesiale melk (Alfare) drink soos voorgeskryf deur ’n dieetkundige om haar albumienvlakke ’n hupstoot te gee. Tans staan haar vlak op 16, terwyl dit tussen 38 en 56 moet wees.
Elzaan vertel haar dogtertjie het sedert haar geboorte vir haar “geel en nie lekker nie” gelyk. Die antwoord van mediese personeel was dit is normaal.
“Sy is en was ’n baie huilerige baba, sy huil soos iemand in pyn. Haar oë is geel, sy is kronies koorsig en haar ontlasting is spierwit. Sy tel ook baie swaar gewig op, terwyl haar maag ná die bietjie melk wat sy inneem ook swel,” sê Elzaan.
Sy het ná herhaaldelike besoeke aan die kliniek en hospitaal daarop aangedring dat lewertoetse op Ameerah uitgevoer word. Elzaan, ’n enkelma wat tans werkloos is, het geld ingesamel om haar dogter na ’n private dokter te neem. Omdat sy nie oor ’n mediese fonds beskik nie, is sy na ’n staatsdokter verwys.
Ameerah is ná ’n sonar in die Katutura-staatshospitaal opgeneem waar sy geruime tyd deurgebring het. Einde ten laaste het Elzaan ’n afspraak by ’n private chirurg gekry waarna ’n lewerbiopsie onder meer uitgevoer en haar diagnose bevestig is.
Haar dogtertjie is in konstante pyn, sê Elzaan. As enkelouer plaas Ameerah se spesiale melk en versorging haar onder geweldige druk, omdat sy dit nie finansieel kan bybring nie.
“Sy het baie nodig. Sy is op spesiale melk gesit wat ek nie kan bekostig nie. Ek kan ook nie my baba in enigiemand se sorg plaas om te gaan werk soek nie; ek sal ’n opgeleide persoon moet kry. Ek moet sorg dat sy op haar dieetplan bly, maar dis moeilik om met die melk by te hou. Sy is konstant honger en sodra sy drink, sak haar magie dadelik af, niks bly binne nie.”
Ondanks haar dogtertjie se pyn, glimlag sy steeds, sê Elzaan.
“Sy is my inspirasie en motivering. Ek sal aanhou vir my engel baklei, want ek het steeds hoop vir ’n beter toekoms.”
Volgens Elzaan het sy die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir finansiële ondersteuning gekontak, maar kon hulle volgens haar nie help nie. Sy probeer nou om ’n trust op die been te bring om geld vir Ameerah se versorging in te samel. Vir navrae kan Elzaan by 081 403 7902 gekontak word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie