Baba dood ná sy glo laat val is
’n Drie maande oue babadogtertjie is Vrydag dood toe ’n persoon wat haar vasgehou het haar na bewering laat val het. Die voorval het tussen 18:30 en 20:00 naby Drimiopsis Bar in die Kanaan C-informele nedersetting op Epako plaasgevind.
Die baba het glo onophoudelik gehuil, waarna haar ma vir haar medisyne gegee en sy bedaar het. Die ma het daarna gaan kuier en met haar terugkoms die baba probeer borsvoed, maar besef dat die baba nie reageer nie. Die oorledene is as Anna Blanka Kainamses geïdentifiseer. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.
• 'n Ongeïdentifiseerde man is twee keer geskiet en is op slag dood terwyl hy na bewering by 'n huis probeer inbreek het. Die voorval het Saterdag omstreeks 04:45 in die Oshaakondwa-nedersetting op Oniipa plaasgevind. Die huiseienaar het glo vreemde geluide by die badkamervenster en later by die huis se voordeur gehoor, waarna hy twee keer met sy pistool in die rigting van die deur geskiet het. 'n Man van 34-jarige ouderdom is vir ondervraging na die polisiekantoor geneem en beslag is op sy gelisensieerde vuurwapen gelê.
• Mnr. Werner Shilongo (40) is Saterdag omstreeks 01:00 in die Engela-distrikshospitaal in die Ohangwenastreek dood nadat hy na bewering twee keer met 'n mes in die rug gesteek is ná 'n argument. Die verdagte is glo die oorledene se buurman. Sy naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.
• ’n Verdagte het na bewering 'n onbekende voorwerp gebruik om die diefwering van die Eyambeko Bar in Oshifo op Ruacana te breek om toegang tot die kroeg te verkry. Die verdagte het die boerpotmasjiene gebreek en ’n kontantbedrag van N$28 000 gesteel. Die voorval het Vrydag omstreeks 08:00 plaasgevind. Niemand is in hegtenis geneem nie en die geld is nog nie teruggevind nie.
• Vrydagoggend omstreeks 03:35 het drie gewapende verdagtes na bewering by ’n huis in Zambiastraat in Havana ingebreek en die inwoners met vuurwapens aangehou. Drie skote is afgevuur en eiendom ter waarde van N$5 640 is gesteel. Die verdagtes het 'n CD-speler gebreek en 'n onbekende bedrag in kontant gesteel. Op die toneel is 'n boutsnyer, 'n gebruikte tas en 'n projektiel van 'n 9 mm-pistool gevind. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
• Vanaf Maart tot 14 Mei vanjaar het ’n verdagte na bewering bedrog by die Okongo Pick n Pay in die Ohangwenastreek gepleeg. Die verdagte, wat die bestuurder van die winkel is, het glo tydens werksure die toesighouers se toegangskaarte sonder hul toestemming of medewete gebruik om terugbetalingstransaksies te doen en ’n ooreenstemmende kontantbedrag uit die tellermasjien te verwyder.
Kontant ter waarde van N$62 324,64 is in die proses gesteel. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie