Baba in toilet gevind
’n Man het na wat verneem word sy lewe verloor in ’n fratsongeluk met ’n masjien wat bakstene vervaardig.
Tanja Bause - ’n Vrou (28) word tans in die hospitaal onder polisiebewaking aangehou nadat sy volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag haar pasgebore babaseun Sondag glo in ’n toilet gegooi het.
Na wat verneem word het die baba as gevolg daarvan gesterf.
Die voorval het om 07:00 by die Mulongela-restaurant in Katutura plaasgevind. Mense wat in dieselfde huis as die verdagte woon, het die voorval by die polisie aangemeld.
Mesaanval
Sondag om 08:22 is ‘n 27-jarige man by die ou Royal Hotel op die hoek van Dr. AB Maystraat en Onafhanklikheidslaan in Windhoek met ’n mes doodgesteek.
Die polisie vermoed drie straatkinders was in ’n bakleiery betrokke.
Twee mans van 23 en 18 is in hegtenis geneem.
Volgens die polisie word die hotel deur straatkinders bewoon.
Huisbraak
Lede van die polisie se noodeenheid is Vrydag om 01:40 na ’n huisbraak uitgeroep. Hulle het op pad soontoe ’n voertuig ontdek wat in ’n rivierbedding geparkeer was en die voertuig genader. Ses mans het in die voertuig gespring en weggejaag.
Die polisie het hulle agternagesit en skote is op die voertuig afgevuur nadat die verdagtes verbale waarskuwings geïgnoreer het.
Die voertuig se voor- en agterbande is raakgeskiet en die voertuig het tot stilstand gekom.
Die bestuurder, ’n 24-jarige Angolese man, is in hegtenis geneem. Hy sal verskyn op aanklagte van dronkbestuur en versuim om die voertuig op die polisie se versoek te stop.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
Masjienongeluk
Mnr. Immanuel Mbangula (26) het Vrydag om 13:00 op Swakopmund gesterf. Volgens die polisie was hy besig om ’n masjien skoon te maak wat gebruik word om bakstene te vervaardig.
Die masjienoperateur het glo nie gesien hy werk aan die masjien nie en het dit aangeskakel.
In die proses is Mbangula deur die masjien vergruis. Hy het op die toneel gesterf en die polisieondersoek duur voort.
Olifanttand
’n Man (29) van Rundu en ’n 28-jarige soldaat van die Namibiese weermag is Saterdag om 09:30 in Rhino Parkstraat in hegtenis geneem. Hulle was na bewering in die besit van een olifanttand.
Ongelukke
Vrydag om 07:00 is ’n voetganger op die B1 by die NamPower-brug in Windhoek doodgery. Nog ’n voetganger is tydens die voorval beseer. Die 24-jarige bestuurder is ook beseer en is in die hospitaal opgeneem. Volgens die polisie het die bestuurder glo te vinnig gery.
Mnr. Erenst Hoveka (22) is Vrydag om 03:30 op Gobabis oorlede nadat die voertuig waarin hy ’n passasier was in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke was. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel gevlug is en later in hegtenis geneem.
Die bestuurder van die ander voertuig wat in die ongeluk betrokke was, is in die Gobabis-staatshospitaal opgeneem.
Hy het glo vanuit die hospitaal gevlug en is Windhoek toe.
Sondag om 02:50 het mnr. Sharic Swartz (24) in ’n motorongeluk gesterf nadat hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het.
Hy was van Swakopmund af op pad Walvisbaai toe toe die ongeluk by Langstrand gebeur het.
’n Nederlandse burger (47) is met ernstige beserings in die private hospitaal op Swakopmund opgeneem nadat hy Vrydag om 16:30 deur ’n voertuig omgery is.
Die voorval het op die hoek van Theo-Ben Gurirab- en Tobias Hainyekostraat op Swakopmund plaasgevind.
Die bestuurder van die voertuig was na bewering nalatig en roekeloos.
’n Voertuig het omstreeks 14:00 Saterdag op die C19-grondpad tussen Sesriem en Solitaire Saterdag omgeslaan nadat die bestuurder daarvan glo beheer daaroor verloor het.
Die bestuurder en sy drie passasiers, almal Chinese burgers, is met beserings in die Rehoboth-hospitaal opgeneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie