Baba oorleef gru-ongeluk

Tanja Bause
Vyf mense het gister in ’n kop-aan-kop-botsing op die hoofpad tussen Okahandja en Windhoek gesterf.

Dít volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie.

Die ongeluk tussen ’n BMW-sedanvoertuig en ’n Amarok-dubbelkajuitbakkie het omstreeks 14:30 sowat 25 km buite Okahandja plaasgevind.

Die BMW is deur die impak in twee geskeur.

Die voertuig se vier insittendes het gesterf, asook die Amarok se bestuurder.

Volgens Shikwambi het ’n agt maande oue babaseuntjie oorleef, wat saam met sy oupa, ’n boer van die Okahandja-omgewing, in die voertuig was.

Volgens ’n omstander is die baba uit sy karsitplek agter in die Amarok uitgehaal en na die staathospitaal op Okahandja geneem en is hy nie beseer nie.

Volgens ’n bron is een van die oorledenes glo ’n bekende in die landbou- en jagsektor.


Redakteursnota: Hierdie berig se aanlynweergawe is op 13 Junie 2018 gewysig om 'n bewering deur 'n omstander te verwyder dat die spoedmeter van die Amarok-bakkie op 200 kilometer per uur vasgehaak het. Hierdie bewering was van alle waarheid ontbloot. 'n Formele regstelling en verskoning sal in die uitgawe van 14 Junie 2018 verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!