Baba oorleef vier ure in vlak graf
Baba oorleef vier ure in vlak graf

Baba oorleef vier ure in vlak graf

Die weeklikse misdaadverslag ná die feestyd is propvol moorde en onnatuurlike sterftes.
Andrew Poolman
'n Vrou (24) is Saterdag in die Oupili-nedersetting in die Oshikundu-kiesafdeling in die Ohangawenastreek in verband met poging tot moord en geheimhouding van geboorte in hegtenis geneem.

“Na bewering het sy geboorte aan 'n babameisie geskenk en niemand daarvan ingelig nie. Sy het glo die baba in 'n vlak gat naby bosse in 'n mahanguveld begrawe,” sê die polisie.

“Gelukkig is die baba vier ure later deur speurders gered. Die baba is in die Okongo-hospitaal opgeneem waar sy mediese sorg ontvang het en in 'n stabiele toestand is.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking in die Okongo-hospitaal.

• Naby Outapi het 'n baba van 14 maande oud op Nuwejaarsdag verdrink.

Die voorval het omstreeks 06:00 by die Oshikulufitu-nedersetting in die Anamulenge-kiesafdeling gebeur.

“Na bewering het die baba die huis ongesiens verlaat, in die veld geloop en in 'n watergat geval en verdrink,” lui die verslag.

Die polisieondersoek duur voort.

• In die Rundu-staatshospitaal het 'n 16-jarige vroulike psi­giatriese pasiënt verlede ­Woensdag omstreeks 21:44 glo 'n ander psigiatriese pasiënt op die vloer gestamp, waarna sy gesterf het.

“Me. Rachael Shiwedha (26) het weens kopbeserings op die toneel gesterf,” sê die polisie.

• 'n Man (24) is verlede Maandagaand onder 'n brug in Wanaheda doodgeskok nadat hy glo onwettig kragkabels wou aanlê.

Volgens die weeklikse misdaadverslag van die Namibiese polisie het die voorval tussen 18:00 en 19:00 in Omuvapustraat plaasgevind;

Mnr. Michael Ashiti het glo saam met sy broer onder 'n brug onwettig kragkabels aangelê. 'n Ambulans is laat kom, maar Ashiti is op die toneel dood verklaar.



VROU DOOD IN TENT GEVIND

Me. Priscilla Diana Isaack (35) is Saterdagoggend glo dood in 'n tent deur haar kêrel gevind.

Volgens die verslag het sy die vorige aand omstreeks 22:00 “sonder enige klagtes” in haar tent gaan slaap terwyl haar kêrel in sy kar gaan slaap het.

Na bewering het die kêrel haar omstreeks 10:45 dood in die tent by Soutpos Urigaub in die omgewing van Otjimbingwe in die Karibib-distrik aangetref.

“Haar liggaam is na die Walvisbaaise lykshuis geneem waar 'n nadoodse ondersoek die oorsaak van haar dood sal bepaal,” sê die polisie.



BOBBEJAANJAG LOOP SKEEF

Naby Etanga in die Kunenestreek het 'n bobbejaanjag glo verlede Maandag tragies skeefgeloop.

Die voorval het omstreeks 12:49 by Otjikuyu plaasgevind toe die 45-jarige mnr. Uasotoroka Tjingee (alias Kahama) glo in 'n skietongeluk dood is.

“Na bewering was die man saam met 'n 12-jarige buurseun by 'n watergat waar hulle vir bobbejane gewag het wat onder sy bokke gemaai het.”

Volgens die verslag het die man glo 'n bobbejaan met 'n .303-geweer gekwes en hulle het dit bergop gevolg.

“Die seuntjie het glo agter die man bergop geloop. Hy het 'n skoot gehoor en gesien hoe die man val en bergaf rol.”

Dit is nog onbekend of die geweer gelisensieerd is, maar dié sal later bevestig word.

• Op Nuwejaarsdag omstreeks 10:59 het die 38-jarige mnr. Arnold Eiseb glo by 'n huis op Khorixas geval terwyl hy twee leë bierbottels vasgehou het.

“Na bewering het een van die bottels gebreek en hom in die maag gesteek. Hy is met 'n ernstige maagwond in 'n kritieke toestand na die hospitaal gebring en later na Windhoek oorgeplaas,” sê die polisie.

Volgens die polisie is hy dood en word 'n moordondersoek van stapel gestuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!