Baba verdrink in emmer bier
Baba verdrink in emmer bier

Baba verdrink in emmer bier

Francoise Steynberg
Drie mense het die naweek verdrink.

'n Baba, Andreas Amakali (een jaar en twee maande oud), het Saterdag in 'n emmer tuisgebroude, tradisionele bier (tombo) in die Onanyalala-nedersetting naby Onaanda verdrink.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval omstreeks 10:00 plaasgevind. Die polisieondersoek duur voort.

Die lewelose liggaam van 'n weermaglid van die Suiderhof militêre basis, mnr. Abraham Kambundu Kashihakumwa (50) is Sondag omstreeks 17:30 in die rivier by die Gammamsbrug in die Wanaheda-woonbuurt in Windhoek gevind.

Die oorledene is Sondag as vermis by die polisie aangemeld.

Sy naasbesetaandes is van sy dood ingelig en die polisieondersoek duur voort.

Mnr. Shigwedha Silas Ndeilenga (35) het Vrydag omstreeks 11:30 verdrink toe hy by die Olunghono-nedersettting naby Oshikango in 'n watergat visgevang het.

Sy liggaam is gevind en sy naasbestaandes ingelig. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!