Babalykie in bosse gevind
Die lewelose liggaam van ’n baba is die afgelope naweek in die bosse agter Soetdoringlaagte op Stampriet in die Hardapstreek gevind.
Volgens die Nambieise polisie se weeklikse misdaadverslag is dit nie bekend of die baba geaborteer of vermoor is nie, en die ondersoek duur voort.
Op Lüderitz word ’n aborsiesaak ondersoek ná ’n 21-jarige vrou Saterdag ’n dokter gaan sien het omdat sy glo erg gebloei het.
“Daar is later ontdek sy het aborsiepille gedrink. Sy is in die Lüderitz-staathospitaal opgeneem en die polisieondersoek duur voort,” lui die misdaadverslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie