Babalykie in dam gekry
Francoise Steynberg
Op Oshikuku is 'n klag van moord aanhangig gemaak nadat die liggaam van 'n babaseuntjie van tussen twee en drie maande oud in 'n dam naby die Omunghete Gekombineerde Skool in die Oshikushomunghete-nedersetting gevind is.
'n Inwoner het die baba, wat ten volle geklee was, op die water sien dryf.
“Daar word vermoed dat die baba in die dam gegooi is. Niemand is in hegtenis geneem nie,” sê die polisie.
“Die liggaam is na die polisie se lykshuis geneem om 'n nadoodse ondersoek uit te voer om te bepaal wat die oorsaak van sy dood was.”
'n Eenjarige seuntjie, Junias Tuhenikumwe Hisekwa, het Vrydag omstreeks 11:00 in 'n emmer water by sy huis in die Onandjandja-nedersetting in die Omusatistreek verdrink.
'n Agtjarige seuntjie, Pandeke Haikela, is Maandag op die B1-hoofroete naby Vyfrandkamp by Okahandja doodgery.
Volgens die polisie het hy saam met drie ander kinders die pad omstreeks 17:42 probeer oorsteek.
“Hy het agter gehardloop en is deur 'n voertuig getref en is op slag dood,” het ao. Maureen Mbeha van die Otjozondjupastreek aan Nampa gesê.
Die 38-jarige bestuurder van die voertuig, teen wie 'n klag van strafbare manslag aanhangig gemaak is, is 'n inwoner van Okahandja.
Saterdag omstreeks 19:30 is die 21-jarige Elago Mose Pandoleni by die kruising van Otjomuiseweg en Monte Christoweg in Wanaheda met 'n skerp voorwerp gesteek.
Die slagoffer is op die toneel dood en die verdagte het weggehardloop. Volgens die polisie is die verdagte onbekend en niemand is in hegtenis geneem nie.
In Katutura in die hoofstad is 'n klag van poging tot moord aanhangig gemaak nadat twee mans Vrydag om 16:00 by die Blueno-kroeg in Shanghaistraat in Gemeente 10 in Katutura geskiet is.
“Daar word beweer dat 'n onbekende verdagte uit 'n voertuig gespring het en op mnre. Benjamin Ceemba en Gabriel Hangula (20) geskiet het en met die voertuig weggejaag het,” sê die polisie.
Ceemba is in die rug geskiet en Hangula in die regterarm. Hulle is na die Katutura-staatshospitaal geneem. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
'n Vragmotorbestuurder, mnr. Joseph Kaselampao (28), is Saterdag omstreeks 19:30 in Volstruisstraat in Kuisebmond deur 'n wit sedanvoertuig raakgery wat van die toneel weggejaag het.
Die slagoffer het beserings aan sy voorkop, linkerarm en -been opgedoen en is in die staatshospitaal van Walvisbaai opgeneem. Niemand is in hegtenis geneem nie.
GEWAPENDE ROOFTOG
'n Gewapende rooftog het Saterdag omstreeks 23:00 by Sunshine Tours by Kapps Farm plaasgevind toe 'n sekuriteitswag deur rowers vasgebind is. Die rowers het met een selfoon, skootrekenaars en ander items weggekom. Niemand is in hegtenis geneem nie.
Op die plaas Mietjie in die Gobabis-distrik is 17 bokke van mnr. Erias Garubeb (33) in sy kraal geslag.
“Sestien karkasse is weggery en een karkas is in die kraal gelos. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê die polisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie