Babameisie dood nu00e1 ouers glo fuif
Babameisie dood nu00e1 ouers glo fuif

Babameisie dood ná ouers glo fuif

In twee afsonderlike voorvalle die naweek het ouers wat na bewering onder die invloed van alkohol was, hul kinders skade aangedoen.
Tanja Bause
Tanja Bause – Een kind is die afgelope naweek dood omdat haar ouers glo onder die invloed van alkohol was.

’n Ander is na wat verneem word deur haar ma, wat onder die invloed van alkohol was, twee keer met ’n mes gesteek.

Die polisie het die agt maande oue Suuko Hindjou se liggaam Saterdag om 03:00 tussen haar ouers in ’n sinkhuis in die Sonskyn- informele nedersetting op Omaruru ontdek.

“Bure het die paartjie voor die ontdekking onder die invloed van alkohol in die nedersetting van een kroeg na die ander sien stap en drink,” het adj.komm. Edwin Kanguatjivi, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

“Die 22-jarige ma het die baba glo gedra, en die baba was volgens bure nie in ’n goeie toestand nie. Hulle het besef die baba verkeer in gevaar en die polisie is daarvan in kennis gestel.”

Die polisie het na die sinkhuis gegaan om ondersoek in te stel en het Suuko dood tussen haar pa (34) en ma gevind.

Sy het vermoedelik versmoor.

Suuko se lykie is na die staatslykshuis op Omaruru geneem en is later na die lykshuis op Walvisbaai vir ’n nadoodse ondersoek.

Beide ouers is in hegtenis geneem.

In ’n ander voorval die naweek het ’n 36-jarige vrou op Keetmanshoop haar driejarige kleuter glo twee keer met ’n mes in die rug gesteek.

Die voorval het omstreeks 18:00 in Lemoendraaistraat in die Tseiblaagte-woonbuurt plaasgevind.

Volgens Kanguatjivi het die kind se ma, me. Elfriede Stoffel, gister in die landroshof op die dorp verskyn, maar is borgtog geweier.

Die saak is tot 6 November uitgestel.

“Sy was onder die invloed van alkohol en weet nie wat gebeur het nie. Toe sy weer sien, het sy haar kind met die mes gesteek. Die ondersoek het aangedui sy was die afgelope twee weke onder die invloed van alkohol,” het hy gesê.

Volgens hom het die vrou nog ’n vyfjarige kind en ’n drie maande oue baba wat sy nog borsvoed.

“Die kind se wonde is oppervlakkig en sy hardloop reeds in die hospitaal rond,” het Kanguatjivi gesê.

“Die maatskaplike werker op Keetmanshoop is tans op soek na ’n familielid wat na die drie kinders kan omsien terwyl hul ma in aanhouding is,” het hy gesê.

Dr. Shaun Whittaker, ’n kliniese sielkundige in Windhoek, het gesê die twee voorvalle is uiters kommerwekkend.

“Namibië het ’n baie gewelddadige samelewing, wat deur die sosioëkonomiese krisis vererger word. Daar is ’n duidelike verband tussen alkoholmisbruik en trauma. Die tipe huishoudelike geweld wat jy in die algemeen sien, veroorsaak alkoholmisbruik en kinders is hulpeloos, klein en baie maklike teikens vir ouers se aggressie en frustrasie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!