Babameisie doodgery
Babameisie doodgery

Babameisie doodgery

Francoise Steynberg



'n Drie maande oue babameisie is Vrydagaand in Monte Christoweg naby Havana in die hoofstad dood toe sy en haar ma in die straat geval het en deur 'n aankomende voertuig raakgery is.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die slagoffer, Teopoline Iyambo Shimonga, ­omstreeks 21:00 op die toneel dood.

“Sy en haar ma is deur 'n taxi langs die pad afgelaai en toe hulle die pad oorsteek, het hulle glo in die middel van die pad geval en die baba is deur 'n ­aankomende ­voertuig doodgery,” lui die verslag.

'n Trompop botsing op die C14-pad tussen Walvisbaai en die Rooikop-weermagbasis het Saterdag omstreeks 01:00 die lewe van 'n 58-jarige man geëis.

Volgens die verslag het 'n sportnutsvoertuig met drie insittendes, glo van die Rooikop-weermagbasis, trompop met 'n sedan met twee insittendes gebots.

“Sowat 7 km van Walvisbaai af het die bestuurder van die sportnutsvoertuig glo 'n voertuig probeer verbysteek en met die sedan gebots. Die voertuig het omgeslaan en een passasier, mnr. Hendrik Hans Witbooi, is op die toneel dood.”

'n Vroulike passasier is ernstig beseer en is in 'n kritieke toestand in die Welwitschia- private hospitaal opgeneem.

Die 35-jarige mnr. Heita Petrus is Saterdag omstreeks 20:45 op die westelike verbypad deur 'n voertuig raakgery. Hy het aan sy beserings beswyk.

“Die voertuig van Marine Security het van suid na noord gery toe die band regs voor gebars het. Die bestuurder het gestop om die skade te bekyk toe 'n wit sedan glo uit 'n suidelike rigting gekom en hom raakgery het,” lui die verslag.

Volgens die polisie het die ­bestuurder van die sedan weggejaag. Niemand is in ­hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Twee mense is Sondag omstreeks 23:30 op die B2-hoofpad tussen Usakos en die kus in 'n ongeluk dood toe een bakkie 'n ander bakkie gesleep het.

“Die bestuurder van 'n wit bakkie het glo 'n ander bakkie gesleep en beheer oor sy voertuig verloor toe die tou sowat 50 km van Usakos af gebreek het. Dit het trompop met 'n vragmotor gebots,” lui die verslag.

Die passasier, mnr. Matias Tangi Iipumbu (42), en bestuurder, mnr. Nangolo Simon Kondjashili (41), het op die toneel gesterf.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!