Babaseuntjie se dood onder die loep
Die ministerie sê hospitaalpersoneel is aan die hoogste wette van die land en die Grondwet onderworpe, wat voorskryf almal moet gelyk behandel word.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het sy simpatie met die familie van ’n vyf maande oue seuntjie betuig, wat in die Katutura-hospitaal dood is.
MJ Douran Muundjo is op 20 Mei met diarree en koors na die hospitaal geneem.
Sy ma, me. Jennifer Xoagus, en familielede het hul ontevredenheid uitgespreek oor die manier waarop sy en haar babaseuntjie deur personeel by die hospitaal behandel is.
Die ministerie het by monde van sy uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, verseker hy bly daaraan toegewy om goeie gehalte diens en versorging aan pasiënte te verleen.
Volgens hom is personeel as staatsamptenare en landsburgers onderworpe aan die hoogste wette van die land en die Grondwet, wat voorskryf almal moet gelyk en sonder diskriminasie behandel word.
“Daar word van alle dokters, verpleegsters en ander gesondheidspraktisyns vereis en verwag om pasiënte te alle tye met die uiterste professionalisme en niks minder nie te hanteer,” het Nangombe gesê.
In die lig hiervan het hy beklemtoon die ministerie veroordeel enige stamgebonde ondertoon met betrekking tot personeel se werk ten sterkste.
“Dit is nie deel van die ministerie se etos nie,” het Nangombe beklemtoon.
Volgens hom is ’n ondersoek na die voorval van stapel gestuur en sal die familie oor die uitslag daarvan ingelig word.
“Waar dit vereis word, sal die gepaste stappe in ooreenstemming met wette en regulasies gedoen word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie