Babelse verwarring oor toerismeregulasies
Na verwagting sal daar eers teen Woensdag uitsluitsel oor die brandende kwessies wees.
Francoise Steynberg – Met Babelse verwarring wat in die toerismesektor oor die nuwe Covid-19-regulasies heers, word steeds op meer duidelikheid gewag.
“Ons sal weet sodra daar meer duidelikheid oor die regulasies tussen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die prokureur-generaal gevestig is. Hulle werk so vinnig as moontlik om die lewens van rolpelers in die toerismebedryf en toeriste so maklik as moontlik te maak,” het die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, gesê.
“Die toerismebedryf moet asseblief geduldig wag vir hierdie wetlike modaliteite om geïmplementeer te word,” het Nashandi gesê.
Fenata sou Vrydagmiddag ’n noodvergadering met die gesondheidsministerie en kantoor van die prokureur-generaal gehad het om regulasies uit te pluis.
“Hulle weet hoe belangrik die toerismeherlewingsplan vir die ekonomie van Namibië is,” het Nashandi gesê.
Saterdag het Nashandi vir Republikein laat weet daar is nog geen uitsluitsel nie.
“Die omgewingsministerie sal al die antwoorde eers ná Woensdag se vergadering hê,” het ’n rolspeler in die toerismebedryf gister gesê.
Luidens die syfers van die Namibië Statistiekagentskap (NSA) is hotelle en restaurante – 'n maatstaf vir toerisme – die afgelope kwartaal die swaarste getref. Dié sektor het met 64,2% ingekrimp vergeleke met ’n positiewe groei van 12,3% 'n jaar gelede.
’n Rolspeler in die toerismebedryf sê “ons is oop sonder ’n plan en terug na normaal soos wat dit voorheen was.”
’n Ander rolspeler wonder of eenvoudige regulasies nie op so ’n manier opgestel kan word dat dit van die begin af duidelikheid verskaf nie en nie veranderinge eis nie.
KWESSIES
Verwarring heers oor brandende kwessies soos: Of buitelandse toeriste steeds onderhewig aan kwarantyn is of nie, of die negatiewe SARS-CoV-2 PCR-toets 72 uur of sewe dae oud moet wees, en of Namibiese diplomatieke missies oorsee 14 dae vooraf ingelig moet word. Die toerismebedryf wil ook weet of buitelandse toeriste steeds ’n Covid-19-toets op dag 5 ná aankoms moet doen en of akkommodasiegeriewe steeds deur die gesondheidsministerie gesertifiseer moet word.
’n Ander brandpunt is terugkerende Namibiërs en diegene wat oor ’n permanente verblyfpermit beskik, wat onderhewig aan 14 dae in kwarantyn is. Sommiges kom die land met ’n buitelandse paspoort binne, maar word steeds onder kwarantyn geplaas.
Volgens die toerismebedryf moet die land se regulasies nie teenstrydig met dié van internasionale lugrederye wees nie.
Die interpretasie in die toerismebedryf is dat toeriste ’n negatiewe SARS-CoV-2 PCR-toets van ’n gesertifiseerde laboratorium van sewe dae oud moet hê en Namibiese missies 14 dae voor hulle Namibië inkom, moet inlig.
Buitelandse toeriste kom wel drupsgewys die land binne, het verskeie toerismerolspelers die naweek op Solitaire gesê.
Volgens Solitaire Lodge het hulle reeds Duitse toeriste ontvang. Volgens mnr. Oliver Ahrens van Swakopmund is bevestiging van buitelandse toeriste by die kus ontvang.
Op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het toeriste glo sonder enige probleme die land binnegekom.
“Hulle is vinnig en vriendelik ontvang. Niemand het gevra waar hulle op dag 5 gaan wees nie. Hulle is slegs vir ’n Namibiese kontaknommer gevra,” het ’n toeroperateur gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie