Babi, kerkvolgeling van omkopery aangekla
Francoise Steynberg – Die vermeende renosterstroper, pastoor Jackson Babi (30), en een van sy kerkvolgelinge, mnr. Ananias Ananias, het gister in die Windhoek-landdroshof op twee klagte van die oortreding van die teenkorrupsiewet verskyn.
Ananias (37) het glo Vrydag omstreeks 14:20 by Game in Bismarckstraat in Windhoek die ondersoekbeampte in Babi se renosterstroperysaak met N$13 000 probeer omkoop om te sorg Babi word op borgtog vrygelaat.
Die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, het borgtog teengestaan op grond daarvan dat die beskuldigdes met die saak kan inmeng.
Hy het gevra dat die saak tot 24 Julie uitgestel word wanneer Babi se volgende hofverskyning is.
“Alle verklarings is afgehandel en in die dossier. Slegs die videomateriaal is nog uitstaande,” het Van Wyk gesê.
Die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het gekla sy kliënte kry nie ’n regverdige verhoor nie.
“Inligting, identiteitsdokumente en foto’s word deur die Namibiese polisie of die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aan die media gelek wat op sosiale media versprei is,” het hy gesê.
Van Wyk het gesê hy het gister omstreeks 10:00 eers die dossier ontvang en het geen idee hoe die inligting versprei het nie.
“Die hof kan nie kommentaar lewer op die plasing van hierdie dokumente deur die media of op sosiale media nie, want die bron hiervan is onbekend,” het landdros Samunzela Samunzela gesê.
Hy het gelas dat albei beskuldigdes in aanhouding bly en die saak vir verdere polisieondersoek tot 24 Julie uitgestel.
Tydens Babi se vorige verskyning saam met die 25-jarige mnr. Frizans Dumeni in dieselfde hof op klagte van renosterstropery, -horingsmokkelary en die onwettige besit van renosterhorings, 'n vuurwapen en ammunisie, het Ananias ’n joernalis se kamera in haar gesig en teen die muur gestamp toe sy ’n foto van Babi probeer neem het.
Gister het kerkvolgelinge van die House of Joy Ministries weer ’n menseskild van beskerming om hul selfverklaarde profeet en Ananias gevorm en ’n joernalis uit die pad gestamp.
Babi staan ook saam met ander vermeende lede van ’n renosterstroperysindikaat tereg op ’n klag van renosterstropery in die Gobabis-landdroshof. Dié saak is tot 15 September uitgestel. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie