Babi, volgeling van omkopery aangekla
Die vermeende renosterstroper, pastoor Jackson Babi en een van sy kerkvolgelinge, mnr. Ananias Ananias, het vandag in die Windhoek-landdroshof op twee klagte van die oortreding van die teenkorrupsiewet verskyn.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Vrydag in Windhoek die ondersoekbeampte in Babi se renosterstroperysaak met N$13 000 probeer omkoop het om te sorg dat hy op borgtog vrygelaat te word.
Ananias, 'n kerkvolgeling van House of Joy Ministries, het tydens Babi se vorige verskyning in dieselfde hof op klagte van van renosterstropery, -horingsmokkelary en die onwettige besit van renosterhorings, 'n vuurwapen en ammunisie ‘n joernalis se kamera in haar gesig en teen die muur gestamp toe sy 'n foto van Babi probeer neem het.
Hierdie keer het volgelinge weer ‘n menseskild van beskerming om die beskuldigdes gevorm en ‘n joernalis uit die pad gestamp.
Die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, het borgtog teengestaan op grond van vrees van inmenging met die saak.
Landdros Samunzela Samunzela het gelas dat albei beskuldigdes in aanhouding bly. Hy het die saak vir verdere polisieondersoek tot 24 Julie uitgestel.
Op die foto is pastoor Jackson Babi (regs) en links van hom sy medebeskuldigde mnr. Ananias Ananias. Foto Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie