Babiep 'het nie haarself gehang'
Babiep 'het nie haarself gehang'

Babiep 'het nie haarself gehang'

Die verhoor van die vermeende Aroab-wurger, wat daarvan beskuldig word dat hy sy minnares met 'n tou vermoor het, het Maandag in die hoërhof begin.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die slagoffer in mnr. Willem Freddy Eksteen (21) se moordverhoor, wat Maandag begin het, het nie haarself gehang nie.

Só het dr. Maksym Verkusha Maandag in die hoërhof in Windhoek getuig.

Eksteen word daarvan aangekla dat hy Babiep gedurende die nag van 21 op 22 September 2014 op die plaas Warmfontein in die Aroab-distrik vermoor het deur haar met 'n stuk tou te verwurg.

Verkusha, wat verbonde is aan die Keetmanshoop-staatshospitaal, het die lykskouing op die 19-jarige Janetta Babiep uitgevoer.

Babiep is die oggend van 22 September 2014 dood in haar bed aangetref met 'n tou om haar nek.

Verkusha het voor regter Dinnah Usiku getuig dat die horisontale merke aan Babiep se nek daarop dui dat sy nie aan die tou gehang het nie, maar daarmee verwurg is.

Hy het verder gesê die oorsaak van dood was verwurging wat tot ver­smoring gelei het.

Die moontlikheid dat Babiep haarself met die tou kon verwurg terwyl sy op die bed gelê het, is ook deur die dokter verwerp.

Die rede wat hy hiervoor aangevoer het, is dat 'n persoon wat homself wurg in 'n stadium sy bewussyn sal verloor en in die proses sy greep sal verslap, wat sal verhoed dat hy versmoor.

Volgens die klagstaat het Eksteen en Babiep, wat in 'n romantiese verhouding was en 'n kind het, 'n slaapkamer gedeel.

Mnr. Milton Engelbrecht, wat Eksteen verteenwoordig, het aan die hof gesê sy kliënt pleit onskuldig.

Engelbrecht het gesê sy kliënt het wakker geword en gesien Babiep het haarself gehang. Hierna het hy die tou gesny en haar op die bed neergelê. Eksteen het glo gesê sy het 'n plastiek­emmer gebruik om op te staan.

Sersant Charlto Frederick van die Namibiese polisie het getuig hy is na 'n selfmoordtoneel uitgeroep en het verwag om 'n persoon aan te tref wat aan 'n tou hang, maar die slagoffer het op 'n bed gelê.



gesnyde tou

Tydens kruisondervraging deur die staat het hy getuig hy het nie die stuk van die tou wat Eksteen na bewering afgesny het, op die toneel gevind nie.

Volgens Frederick het Eksteen aan hom gesê “ek het die daad gepleeg”.

Die oorledene se broer, mnr. Paulus Johannes Babiep, het Dinsdag getuig hy het ook nie 'n afgesnyde tou gesien toe hy by die toneel opgedaag het nie. Volgens hom het hy slegs sy suster gesien wat op die bed lê met 'n tou om haar nek.

Mnr. Derick van Schalkwyk, wat in dieselfde huis as die oorledene gewoon het, het gister getuig sy het aan hom gesê sy wil nie meer op die plaas bly nie omdat sy “te veel seergemaak is” en dat sy “ver weg wil gaan”.

Die verhoor duur voort.

Advokaat Filistas Shikerete-­Vendura tree namens die staat op.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.23 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 633.28/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 992.30/T UP 3.47% | Brent Crude Oil US$ 75.71/BBP UP +1.79% | Platinum US$ 974.22/OZ UP +1.69% #REF!