Baie, baie dankie Pokkel!
Boet Matthews - Hy was op 11 Mei op Rehoboth waar hy as motiveringspreker opgetree het by die Moedersdagete vir die vroue van die Katolieke kerk. Toe hy gevra is om op 2 Augustus getuienis te kom lewer oor sy siekte die afgelope sewe jaar, het Quinton-Steele Botes gesê: “Geen probleem, ek is daar.”
Hy het uit Rehoboth vertrek om getuienis te lewer op Omaruru en het daarna ernstig siek geword. Die kanker was terug!
Quinton, ook bekend as Boertjie, het nie weer opgestaan nie en het op 23 Junie gesterf ná ’n siekbed van sewe jaar. Die land was in rou oor die sportlegende se dood. Hy was wêreldwyd gereken as ’n sportkonsultant, atletiekafrigter en ’n opkikkertoetsbeampte. Hy was ook ’n Godsman en is deur baie van sy vriende beskryf as ’n mobiele Bybel. “Hy het die land vol getuig en God seën hom sewevoudig terug,” is wat van sy borge tydens ’n gedenkdiens in Windhoek gesê het.
Die gemeente van die Katolieke kerk op Rehoboth was geruk, want Boertjie het oornag ’n rolmodel vir hulle geword. Sy treffende boodskap op 11 Mei sal hulle nooit vergeet nie. Sommige het vertel dat hy hulle opgetel het en weer moed gegee het vir die toekoms. Ander het weer nie geglo dat Quinton-Steele Botes ernstig siek was nie, want op 11 Mei was hy dan perdfris en gesond, en het gejubel soos wat hy die Woord van God verkondig het.
Intussen het dit gelyk asof Blok D se planne vir hul dinee wat vir 2 Augustus geskeduleer was, deur die mat sou val.
Wat gebeur nou? Quinton is nie meer daar nie. Daar was toe ook reeds kaartjies verkoop en planne vir die dinee gemaak. En toe die mense wat die eetgoed sou voorsien nog op die nippertjie onttrek het, het dit gelyk asof die dinee van 2 Augustus tot niet was.
Maar God werk op verskillende maniere en op 2 Augustus was daar ietsie te ete en te drinke. En boonop was die “Vrou van Staal”, Benita Botes (ook bekend as Pokkel) teenwoordig om haar man, Quinton se skoene vol te staan.
En hoe het sy haar van haar taak gekwyt?
Briljant!
Pokkel het die meer as 120 mense in die St. Joseph-saal laat naels kou met haar hartroerende verhaal van sowat 90 minute. Dit was die vrou wat getuig het uit die oogpunt van iemand wat die afgelope sewe jaar langs ’n kankerpasiënt deurgebring het.
Sy vertel só:
“Die eerste keer toe Quinton siek geword het, was op 20 September, 2007. Hy het oor ’n kwessie van tien maande vier keer ’n rib gebreek. Ons het dokter toe gegaan en dié het gesê Quinton moet gaan vir ’n beenmurg-biopsie. Maar toe is hy eers Malta toe vir ’n kursus wat hy vir die Internasionale Atletiekfederasie (IAF) aangebied het. Hy het toe tydens ’n touspring-demonstrasie inmekaargesak en twee rugwerwels gebreek. Met sy terugkeer na Windhoek het hy die beenmurg-biopsie gedoen en hy is gediagnoseer met Multiple Myeloma (wat teen daardie tyd reeds vyf jaar in sy liggaam was). Daarna is hy op baie pille besit, wat oor sewe maande vir ’n totaal van 4 500 pille gesorg het.”
Benita het verder verduidelik: “Aan die begin van die sewe jaar lange pad wat ons gestap het, was ons geloof nog in ’n kruipfase, maar deur die loop van die sewe jaar het ons geloof onwrikbaar geword; hoe ek die Woord gaan soek het, omdat ek maar die meeste tyd alleen was en niemand gehad met wie ek kon praat nie.
“As mens nie die Woord ken nie, kan mens nie in swaar tye inligting uit die Woord trek nie. Daar het soveel wonderwerke met ons gebeur oor die sewe jaar se stryd van Quinton se siekte. Die gebede en SMS’e het uit alle oorde gekom. Ene wat ek altyd sal onthou, is Petrus, die ambulansdrywer wat vir Quinton gebid het toe hy ernstig siek was. Petrus het by ’n vriend gehoor dat Quinton leef en het ons huis besoek waar hy en Quinton land en sand aanmekaar gesels het. Petrus het toe gesê hy wou aan God se wonderwerk kom vat, want hy kon nie glo hy wat Quinton is leef nog nie.
“Ek wil nou die mense van Namibië bedank vir hul jare se ondersteuning. Sonder ons gebedskrygers sou dit nie so maklik wees nie. Sonder ’n God wat ons hoop is en wat ons elke dag die krag gee om aan te gaan, sou dit onmoontlik wees. Ek is bevoorreg om met ’n man soos Quinton getroud te kon wees. Meer bevoorreg om sy oë vir die laaste keer te sien toemaak, en te sien hoe hy gelukkig vir my glimlag. Quinton het geweet hy is op pad na sy Hemelse Vader.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie