Baie hande, ligter werk
Baie hande, ligter werk

Baie hande, ligter werk

Dani Booysen
Gister het Republikein berig oor die werk van Hands of Hope.

Die organisasie reik in die hoofstad en op sewe Namibiese dorpe met behulp van vrywilligers uit na mense in nood.

Die groei wat die konsep die afgelope sowat ses jaar beleef het, wys nie net op die behoefte wat aan bystand bestaan nie, maar ook hoe ‘n groot verskil elke bydrae gesamentlik kan maak, al is dit klein.

Hands of Hope is reguit dat hulle nie help om afhanklikheidsindrome te skep of bevorder nie. Huisbesoeke geskied vooraf en persoonlike kontak met mense wie bystand ontvang, is belangrik.

Weens die resessie het nood toegeneem. Mense wat hul werk verloor het en nie weer weens ondervinding of kwalifikasies werk kan vind, of vir hulself ‘n inkomste kan skep nie, benodig toenemend hulp, sê me. Niki Carstens, die stigter van Hands of Hope.

Die organisasie se benadering is ook ‘n voorbeeld van die positiewe mag van die sosiale media. As ‘n werktuig om hulp te vra, hulp aan te bied en ‘n opbouende verskil te maak. Behoewendes se identiteit word nie op Facebook uitgeblaker nie.

Hierdie is ‘n ander wêreld as ‘n sosiale media wat – weens gebruikers – oënskynlik al meer toegespits is op konflik, haat, afkrakery en enger politieke of persoonlike agendas.

Hands of Hope mag dalk klein wees, maar niks verhoed ander dorpe om aan te sluit en besighede om meer betrokke te raak nie.

Hoe meer hande, hoe ligter die werk.

So sê ander

22 Mei 2019

Beeld, Die Burger en Volksblad sê

’n Oudvoorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie sê dit is “vanselfsprekend” dat die nuwe parlement moet oorweeg om ’n kommissie aan te stel om te kyk of adv. Busisiwe Mkhwebane vir die pos van openbare beskermer (OB) geskik is.

Ongelukkig gaan “oorweeg” nie deug nie. Die ondersoek móét geskied – én dadelik – voordat Mkhwebane die statuur van die OB-pos verder aftakel. Só ’n kommissie kan ná die jongste hofbevinding teen Mkhwebane oor die Estina-suiwelprojek nie anders as om oor haar ampsbekleding te herbesin nie.

As daar ná Mkhwebane se bestrede Absa-, Reserwebank- en Helen Zille-uitspraak twyfel was, bring dié regterlike uitspraak gewisse uitsluitsel dat sy die gemeenskap versaak. Klaaglik verg dit hofuitsprake om klinkklare gebreke bloot te lê.

Die gewraakte Estina-suiwelprojek by Vrede is deur bedrieërs in die Vrystaatse provinsiale regering met Gupta-familielede bekook vir die afsyfering van staatsgeld (waarvan R346 miljoen al heen is). Mkhwebane se verslag het teruggedeins van ’n ondersoek na politieke konkelary vir gewin. Geen grondslag is gelê nie vir latere strafregtelike ondersoek (wat misluk het).

Pres. Cyril Ramaphosa maak gewag van die stryd teen korrupsie. Dit kan net deurgevoer word as ook in die OB-pos ’n ampsdraer is wat Suid-Afrikaners waarlik “beskerm” en dien.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!