Baie het in 10 jaar verander
Tien jaar gelede, in 2009, het ek ná vier jaar op Stellenbosch en ses jaar in Taiwan teruggekom Namibië toe.
Met een groot rooi en een groot swart tas (my twee doodskiste het ek hulle gedoop) het ek blinkoog op 'n bus in Windhoek aangekom. Ek was só opgewonde om weer joernalis by Republikein te wees en in my hartland te bly.
My eerste waarneming was hoe duur alles in Namibië geword het en hoe min ek verdien in vergelyking met my vet salaris in Taiwan. Maar joernalis wou ek graag weer wees. Skryf is baie lekkerder as elke dag se “Aa Apple”, “Bb Bus” en “Cc Cat” as Engels-onderwyser in Taiwan.
Oom Des Erasmus skryf steeds vir Republikein en oom Errol Hurter is weer my subredakteur.
Ek het kort spykerhare gehad en was brandmaer van net seekos, dun sop, gestoomde groente en dumplings eet in Taiwan. Toe val ek weg aan die Brötchens, biltong en skaapribbetjies wat ek so gemis het.
Ek bly eers by politieke joernalis Estelle de Bruyn in die ou Uhlandstraat. Ek het nie 'n kar nie en stap soggens werk toe in die reënseisoen, kaalvoet deur die Klein Windhoekrivier wat kant tot wal in Schanzenweg gevloei het. Daarna bly ek in 'n batchelor-flêtsie in dieselfde straat as Republikein se nuuskantoor. Spotprentkunstenaar Gene Travers bly ook daar.
My beste vriend is kollega Ruhan Bothma, wat die lekkerste kos maak, en binne weke is my wange en boude weer volrond. Ons twee het so 'n woeste sosiale lewe dat ons later die Beckhams van Windhoek gedoop word.
My eerste storie wat ek geskryf het, was oor droogtehulpvoedesel wat in Mariental in skure gelê en vrot het. Ek moet Hardap se goewerneur, me. Katrina Hanse-Himarwa, vir kommentaar bel. Ek is besig om met haar te praat toe my nuusredakteur, Jan Poolman, langs my vir haar groete stuur. Toe ek vir haar groete van Jan sê, toe sit sy die telefoon in my oor neer. Ek het nie geweet van die vete tussen haar en Jan nie.
In 2009 was Hifikepunye Pohamba president van Namibië en Barack Obama van Amerika. Avatar was die topfliek en Roger Federer het vir Andy Roddick op Wimbledon geklop. Die vrou met die mooiste hare, Farah Facwett, en Patrick Swayze, oor wie ek lang trane in Ghost gehuil en geswymel het in Dirty Dancing, sterf in 2009.
In dié tien jaar het baie dinge verander. Uhlandstraat bestaan nie meer nie, Estelle is afgetree en het in Oman gaan Engels gee. Ruhan het in Guinee gaan Amerikaanse dollars verdien en ek verwelkom hom vandag terug in Namibië.
Gene Travers, Jan Poolman, oom Errol én oom Des is dood. Katrina is nou 'n minister. Klimaatsverandering het ons in sy kake en Namibië as woestynland voel die droogte en hitte eerstehands. Donald Trump is Amerika se president, het pas 'n noodtoetsand oor die grensmuur afgekondig en glo steeds nie in klimaatsverandering nie.
Ek het darem al 'n kar en twee katte en bly nou salig op Kameeldoringspruit, wat soos 'n plaas voel.
Tien jaar gelede sou ek nooit kon raai dat ek oor soveel dooie renosters, olifante, ietermagôs en wildehonde sou skryf wat my na trane dryf nie.
As daar een ding is waaroor ek nooit spyt sal wees nie, is dat ek tien jaar gelede besluit het om liewer in Namibië as in Suid-Afrika te bly.
In Namibië het ons darem in tien jaar nooit beurtkrag gehad nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie