Baie skaars tanzaniet by V&A te sien
’n Seldsame viooltjieblou tanzaniet van 4 000 karaat word tans by die V&A Waterfront in Kaapstad uitgestal. Dié edelstene, wat ’n duisend keer skaarser as diamante is, word slegs in ’n smal strook aan die hange van Kilimandjaro in Tanzanië ontgin. Dié edelstene is in 1967 ontdek, presies ’n honderd jaar nadat diamante in Suid-Afrika ontdek is. Volgens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse diamanthandelaar Shimansky, wat die tanzaniet as deel van sy Shimansky Diamond Experience by die kloktoring van die V&A Waterfront uitstal, sal daar in die volgende dekade nie meer juweelgehalte tanzaniet gevind word nie. ’n Groot deel van die steen se aantrekkingskrag is in sy kleurvariasie wat van koningsblou tot viooltjiepers en selfs rooi wissel. Tanzaniet se prys is egter veel laer as diamante. Yair Shimansky, stigter van die juweliersgroep, sê die steen wat op die uitstalling gesien kan word, is ’n eiesoortige voorbeeld van dié skaars edelstene.
Foto Netwerk24
Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie