Baie tande om te trek
Die onversetlike veldtog van dr. Panduleni Itula as onafhanklike presidensiële kandidaat is nog ‘n front waarop Swapo se hegemonie in die verkiesing getoets sal word.
Tydens ‘n toespraak Saterdag in Windhoek het Itula trots sy Swapo-lidmaatskapkaart vertoon – direk in stryd met ‘n openbare ultimatum wat die regerende party Vrydag in ‘n volbladadvertensie aan die tandarts gestel het.
Volgens Swapo het Itula homself uit Swapo verban, maar hy sê hy gaan nêrens heen nie. Alle ondersteuners moet volgens Swapo vir dr. Hage Geingob stem; niemand mag Itula ondersteun of na sy veldtog luister nie en indien hy die party se naam of simbole gebruik, slyp Swapo sy tande vir ‘n dringende interdik in die hoërhof.
Veral sommige jeugdiges sien blykbaar hul heil in Itula, wat onder meer ‘n einde aan jeugwerkloosheid en woonerwe en huise vir almal belowe. Sy credo is red Namibië. Hy sê hy sal in Katutura bly woon as staatshoof, korrupsie kafdraf en ‘n werksoektoelaag aan jongmense betaal.
Dit is maar van Itula se baie beloftes.
Al kners Swapo op sy tande, wil die party dalk ook nie wys hy skrik regtig vir hom nie?
As Itula die staatsdiens byna gaan halveer, sal hy baie meer werk as net die vir jongmense moet skep. Ontleders dink nie hy het regtig ‘n kans op ‘n oorwinning nie en selfs al gebeur so ‘n wonderwerk, hoe sal hy regeer met ‘n staatsmasjienerie wat grootliks in Swapo-hande is?
Baie tande moet in ons land getrek word. Dié tandarts se kans lyk egter klein om die tang in sy hand te kry.
So sê ander
28 Oktober 2019
Groter stabiliteit hopelik nou vir Botswana
Sedert sy onafhanklikwording van Brittanje in 1966 was Botswana ’n rots van stabiliteit, ’n helder vuurtoring wat die rigting in die politieke storms aandui wat Afrika sedert die jare 50 teister.
Regdeur dié tyd is die land deur die Botswana-Demokratiese Party (BDP) onder leiding van die Khama-dinastie – eers sir Seretse Khama, en toe sy seun Ian geregeer.
Laasgenoemde het sy amp as president verlede jaar ná twee termyne van vyf jaar neergelê. Ook dít was ’n goeie teken.
Khama se opvolger, Mokgweetsi Masisi, het talle van Khama se beleidsrigtings verander, soos om die verbod op ivoorhandel op te hef en die staatsdiens drasties te verklein.
Khama het daarop weggebreek, Masisi van diktatoriale neigings beskuldig en na die opposisie, die Umbrella for Democratic Change (UDC), oorgeloop.
Uiteindelik het die BDP 29 van die 57 setels gewen, ’n werkbare meerderheid.
’n Mens kry die indruk dat Khama, ’n oud-generaal wat gewoond was daaraan dat sy bevele onmiddellik en sonder teenspraak gevolg word, dit moeilik kon verdra dat sy opvolger ’n ander rigting inslaan. Dit is jammer, want deur sy rusie met Masisi is die politieke temperatuur in ’n stabiele land onnodig opgejaag tot op die punt waar dit selfs die demokrasie kan benadeel.
Hopelik herstel Masisi weer die stabiliteit in ons buurland.
• DIE BURGER (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie